Kleingroepriglyne vir 30 Nov-4 Des 2020 Die Evangelie van die Ou Testament

Kleingroepriglyne vir 30 Nov-4 Des 2020 Die Evangelie van die Ou Testament

Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens

Week: 30 Nov. – 4 Des. 2020

Onderwerp: Die Evangelie van die Ou Testament.

Mens tot Mens

  • Watter verskil maak die Evangelie aan ons verhouding met ander mense?

…dit is die Evangelie wat van elke gelowige ‘n draer van die troosboodskap maak.   -Uit die Kontak.

Mens tot God

  • Lees asb. die teksverse hieronder.

 “ Troos, troos my volk sê julle God.” Spreek na die hart van Jerusalem…Jesaja 40:1,2 (1953)

“Comfort, oh comfort my people,” says your God. “Speak softly and tenderly to Jerusalem…” Isaiah 40:1-2 (The Messsage)

  • Kersmoment
  • Gebed


God tot mens

Daar is ten minste drie temas in die perikoop, naamlik Troos, Goeie nuus en Jou God is hier! Ons gaan elke tema afsonderlik bespreek en sover moontlik op Advent van toepassing maak.


Skrifgedeelte:  Jesaja 40:1-11.

  1. Die woord troos in vers 1 is nader aan die oorspronklikke vertaling as die woord uitkoms. Wat is die verskil?
  2. Die woord “troos” beteken in hierdie konteks (Israel in ballingskap; ontnugter, onseker oor God) meer as net iemand wat jou optel en jou trane afvee. Wat kan dit nog beteken? Lees gerus Ps. 23:4.

Die troos moet in die lig van God se troue verbondsliefde  en hulle roeping as volk van God verstaan word. Die Engelse woord “comfort” dui daarop dat troos nie bloot die afdroog van trane is nie, maar dat dit die krag is om ’n situasie te kan hanteer. Dit gaan om die bemoediging en sekerheid van God se hulp en krag  Sy stok en staf vertroos ons.(Ps 23:4). – Uit die Kontak.

  • Die goeie tyding in vers 2 behels drie aspekte van vergifnis. Kan julle dit uitken?

God kom met die goeie nuus dat daar sagkens met sy volk gepraat word en dat die pad reguit gemaak word, nie bloot vir die ballinge om by die huis te kom nie, maar ook vir God om terug te keer Jerusalem toe. God is aan’t kom… Elkeen wat weet wie die God is wat troos, sal Hom sien. – Uit die Kontak

  • Hoe bring julle die opdrag in verse 3-5 in verband met die roeping en rol van Johannes die Doper in Joh. 1:21-23?
  • In watter opsig sluit die goeie nuus in Jesaja 40 aan by die Adventboodskap in die Nuwe Testament?
  • Jesaja beskryf die God wat sy volk wil vertroos en vergewe dmv van twee beelde in verse 10 en 11. Waarom is die twee beelde nie teenstrydig nie? Wat sê dit van God se mag?

Dit is Sy mag wat sag met ons werk. En dit is die Evangelie wat van elke gelowige ‘n draer van die troosboodskap maak – Uit die Kontak

  • Wat verwag die Evangelie van die Ou Testament van ons as Nuwe testamentiese gelowiges?

Mens tot medemens

Wat sal jou boodskap as troosboodskapper aan jou medemens behels?


Doen-dinge

Vind iemand met wie jy die troosboodskap kan deel.


Voorbidding

Bid vir iemand van wie jy weet, wat nie die troosboodskap ken nie.

Groete en seën

Andrie.