Sondag 6 Desember, 2020 19H00

Ons Kerssangdiens neem hierdie jaar ’n ander vorm aan.
Ons beplan ’n informele piekniek met samesang en musiek in ons kerktuin. Nooi asb jou bure, familie en vriende om saam met ons te kom kuier, sing en die aand te geniet.
Daar sal pamflette in elke posbus in Panorama afgelewer word. Dit moet ’n Kerssangdiens vir die hele Panorama wees, nie net vir ons gemeentelede nie. Mag ons geseën word met mooi weer en ’n groot opkoms!
19h00 Piekniek in die tuin
19h30 – 20h30 Carols by Candlelight