Kleingroepriglyne vir 2-6 November 2020 Die grootste keuse ooit.

Kleingroepriglyne vir 2-6 November 2020 Die grootste keuse ooit.

Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens

Week: 2-6 November 2020

Onderwerp: Die grootste keuse ooit. (Josua 24:14-25)

Mens tot Mens

  • Dink vir ‘n oomblik na oor die funksie van padtekens in ons lewens nav die opmerking hieronder.

Padtekens is baie belangrik. Dit help ons om te weet of ons moet stop of ry, mag verbygaan of nie en hoe ver die volgende bestemming is. Die verhaal van Israel is vol sulke padtekens: Abraham, Isak, Jakob, Josef, Egipte, die uittog, die woestyntyd en die intog in Kanaän.    -Uit die Kontak.

  • Wat was die grootste keuse wat jy ooit in jou lewe moes maak?

Mens tot God

  • Sê vir mekaar: “God is hier…”
  • Laat iemand asb. Josua 24: 15 voorlees.
  • Beklemtoon asb die simboliek van die kers voordat julle dit aansteek.
  • Bid asseblief vir die Here se seën op julle byeenkoms.

God tot mens

Neem asb kennis van die agtergrond van die verhaal (in die raampie) voordat julle die

Skrifgdeelte lees.

Vers 15-24 bevat ‘n dialoog tussen Josua en die volk oor hulle verbintenis aan die Here. Hierdie gesprek word deur Josua geïnisieer en gebeur teen die agtergrond van die vervulde beloftes van God en die uitdagings van die nuwe land waarin hulle woon. – Woord en Fees

Skriflesing:  Josua 24:14-25.

  1. Lees asb verse 11-13.  Hoe verstaan julle die betekenis van verse 14-15 teen die agtergrond van verse 11-13? Bespreek julle antwoord nav die opmerking in die raampie hieronder.

Wanneer  mense ‘n nuwe land binnegetrek het, het hulle onder die jurisdiksie van daardie gode kom. Dit kan nie in Israel se geval gebeur nie. Die land is die Here s’n, en Hy is die enigste ware God.    – Soggin

  • God verwag twee optredes van Josua en die volk, naamlik onverdeelde toewyding aan Hom en die vernietiging van alle afgode (v15,16). Kortom beteken dit eerbied en diens. Hoe gebeur dit wanneer julle na die opmerking hieronder kyk?

Die eerbied en diens moet aan twee vereistes voldoen, naamlik: opregtheid en trou. Opregtheid hou verband met integriteit. Die woord druk uit dat daar harmonie tussen die mens se interne en eksterne kwaliteite moet wees (Woudstra). Trou is iets wat nie normaalweg van mense verwag kan word nie (Butler), omdat dit wesenlik ‘n karaktertrek van God is…

  • Die Here bly getrou aan Sy beloftes. Die geskiedenis van Israel bevestig dit. Kan ons dieselfde tov onssself sê wat betref ons getrouheid aan Sy voorskrifte? Wat sou die redes vir ‘n “ja” of ‘n “nee” wees”
  • Indien julle antwoord by vraag 2 “nee” was, wat is die oplossing volgens vers 15?
  • Hoe interpreteer julle die volk se verbintenis in verse 16-18? Sou julle dit as bekering beskryf? Waarom/nie?
  • Butler beskryf Josua se antwoord (v 19,20) op die volk se verbintenis (bekering) “perhaps the most shocking statement in the OT…” Waarom? Wat dink julle van sy kommentaar hieronder?
  • Wat was die uiteinde van die gesprek volgens verse 25 en 26?

“Yahweh’s uniqueness lies precisely in his jealousy over against his worshipers. He loves them so much that he wants their undivided love in return… He punishes the people who try to serve him along with some other god. God’s jealousy cannot tolerate this. He has given undivided love and wants the same from them.”

Mens tot medemens

Hoe dink julle reageer mense oor die algemeen op die stelling ivm hertoewyding

hieronder?

Hertoewyding, bekering en geloof is die gevolg van God se genadige werking in ons lewe. Ons kan sê dat die Gees van God dit in ons harte werk deur sy Woord en die sakramente (Heidelbergse Kategismus 25:65).     Woord en Fees.

Doen-dinge

Bid vir ‘n geleentheid om iemand tot ‘n nuwe toewyding aan die Here te begelei.

Voorbidding

Kom ons bid vir ’n hertoewyding van ons gemeente aan die Here. Bid asb. vir die erediens van eerskomende Sondag. Dit is ’n geleenteheid tot hertoewyding.

Seëninge, Andrie.