Ons eerste fondsinsameling vir vanjaar is ‘n “Drive Through” hamburgerverkoping op Vrydag 12 Februarie.
Gee jouself die aand af van kosmaak en bederf jou gesin met heerlike burgers!
Die bestelvorm sal elektronies uitgestuur word.
Ondersteun asseblief hierdie deurry-verkoping kort voor Valentynsdag.
Bestellings kan ook per e-pos geplaas word (jeug@parow-panorama.co.za) of telefonies by 021 930 3100 (weeksdae 09:00-13:00).
