Vriende,
Aangeheg is die weeklikse riglyne vir die tweede tema van ons nuwe reeks: God se asem tussen bladsye
- Wanneer God fluister
- Om God te Google
- Asem in. Asem uit
- Hoe om te boer in die Bybel
- Spieëltjie, spieëltjie in my hand
- Kweek die regte aptyt
Groete,
Kleingroep en Huisgodsdiens riglyne
God se Asem tussen bladsye
Tema #3 – Asem in. Asem uit.
Mens tot Mens
- Beantwoord een van die vrae oor jou week:
- Gesels met mekaar oor watter take in en om die huis hou jy die meeste van? Watter take hou jy die minste van?
- Hoeveel uit 10 sal jy jou week gee en hoekom?
- Steek ‘n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid
- Luister na ‘n geestelike lied en word stil in die Here se teenwoordigheid.
God tot mens
Lees saam Psalm 1:1-3 en Deut. 6:4-9
- Gesels met mekaar oor wat in die tekste julle opval?
- Gesels oor die volgende vrae:
- Gesels ‘n bietjie oor die opdrag van Deut. 6:4-9. Dink julle dit gebeur nog in vandag dat mense hul hieraan hou? Gesels oor hoe julle as gesin hieraan gehoorsaam is.
- Watter geloofsgewoontes volg julle as gesin om geestelik te groei?
- Noem die vyf geloofsriglyne wat die Here vir sy volk in Deut. 6 gee. Gesels oor elkeen of kies een en vertel mekaar hoe julle dit kan doen. Kyk ook na Ps. 1:2.
- Albei tekste vra dat die Bybel deel moet wees van ons daaglikse lewe. Wie het in jou lewe die grootste rol gespeel om die Bybel deel van jou lewe te maak? In wie se lewe speel jy dalk nou ‘n rol om die Bybel deel van daardie persoon se lewe te maak? Indien daar nie iemand tans is nie – dink n oomblik na oor wie die Here op jou pad plaas.
Mens tot medemens
Geloofsgewoontes is om ons daarin te oefen om bewus van God te leef.
Met hierdie geloofsgewoonte leer ons om die stem, leiding en teenwoordigheid van God in ons alledaagse lewe raak te sien. Hierdie gewoonte skep ’n dieper bewussyn van God se wil vir ons lewe.
- Hoe kan julle as groep mekaar help om gestruktureerd deur die Bybel te lees?
- Kyk na die riglyne van Lectio Divina op die laaste blady. Gesels met mekaar oor hoe julle die riglyne kan volg die Bybel te lees
Leer die week Deut: 6:4 en 5
4“Luister, Israel, die Here is ons God, Hy is die enigste Here. 5Daarom moet jy die Here jou God liefhê met hart en siel, met al jou krag.
Dink-dinge:
Deut. 6:6 se: ““Hierdie gebooie wat ek jou vandag gegee het, moet in jou gedagtes bly.”
- Skryf Deut. 6:4-5 op n kaartjie en probeer die vers memoriseer. Oordink die vers en wat dit vir jou lewe beteken.
Doen-dinge:
Lees Deut. 6:4-9 en dink aan maniere waarop jy gedeeltes in die Bybel meer sigbaar in jou huis kan maak. Moontlik by die voordeur of in jou gang of slaapkamer of in jou motor. Skryf tekste wat vir jou waarde het op kaartjies of op die muur as herinneringstekens.
Voorbidding
- Deel enige gebedsverhoring of Godservarings sedert julle mekaar laas gesien het. Dank God daarvoor.
- Spreek julle versugting in gebed uit om volkome onder die beheer van die Heilige Gees te lewe.
- Dank die Here vir Sy Woord in ons lewens.
Lectio Divina
’n manier van Bybel lees – ontwikkel in Afrika / an African model for Bible reading
(Lumko Missiological Institute, South Africa)
BEGIN (Raak stil, dink na oor hoe het jy God vandag/die week/sedert ons laaste byeenkoms ervaar. Deel jou ervaring in stilgebed). 1 Persoon open die byeenkoms met ’n gebed hardop. / (In ongoing groups: Each participant shares his/her experience in prayer since the last meeting.) One person opens the meeting with a spoken prayer.
LEES 1 persoon lees die teks hardop. Stadig. / One participant reads the passage aloud. Slowly.
REFLEKTEER 1 minuut van stilte. Watter woord/frase het my aandag getref? / 1 Minute of silence. What word/phrase catches my attention?
DEEL Elke persoon kry geleentheid om sy/haar woord of frase te deel sonder enige kommentaar/uitleg of kommentaar van res van groep. / Each participant shares his/her word/phrase without adornment and without comment from the other participants.
LEES ’n Ander persoon lees die teks hardop, verkieslik van ’n ander vertaling / Another participant reads the passage aloud, preferably from a different translation.
REFLEKTEER 3-5 Minute van stilte. Waar raak hierdie gedeelte my lewe aan? / 3-5 Minutes of silence. Where does this passage touch my life?
DEEL Elke persoon deel sy gedagtes, maar begin met die frase: “Ek hoor/Ek sien….” / Each participant begins in turn: “I hear/I see …..”
LEES ‘n Derde persoon lees die teks hardop, verkieslik weer van ’n ander vertaling. / a Third participant reads the passage aloud from yet another translation.
REFLEKTEER 3-5 Minute van stilte. Vanuit dit wat ek gehoor het en self gedeel het, wat wil God hê moet ek wees? / moet ek doen vandag? Hierdie week? Hoe nooi God my uit om te verander? (Dan: wat wil God hê moet ons gemeenskap wees/doen? Waartoe nooi God ons gemeenskap uit om na te verander?) / 3-5 Minutes of silence. From what I have heard and shared, what does God want me to be/do today? This week? How does God invite me to change? (Then: What does God want my community to be/do? How does God invite our community to change?)
DEEL Elke persoon deel sy gedagtes, maar begin met die frase: “Ek glo God wil hê ek moet….” / Each participant begins: “I believe God wants me to …”
GEBED Elke persoon bid hardop vir die persoon aan sy/haar regterkant. Bid net vir dit wat die persoon gesê/gedeel het in die vorige stap. Elkeen bid verder die res van die dag/week vir die persoon aan sy/haar regterkant. / Each participant prays aloud for the person. on his/her right, praying only for what that person expressed in the prior step; Each continues to pray for that person. on his/her right throughout the coming day/week.
OORDENKING Raak stil in God se teenwoordigheid vir 1 minuut. / Rest in God in a minute of silence.