Kleingroepriglyne vir 13 Sep 2020 Morele outoriteit

Kleingroepriglyne vir 13 Sep 2020 Morele outoriteit

Kleingroep en Huisgodsdiens riglyne

Sondag 13 September

Hou jou rigting: Nuwe gewoontes in onseker tye

Tema #2 – Morele outoriteit

Mens tot Mens

  • Gesels met mekaar oor die voorbeeld wat jou ouers teenoor jou geleef het? Hoe beïnvloed dit jou eie denke oor ouerskap?
  • Vertel vir mekaar van ‘n betekenisvolle persoon in jou lewe? Wat was die eienskappe van die persoon wat vir jou uitgestaan het?
  • Steek ‘n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid
  • Luister na ‘n geestelike lied en word stil in die Here se teenwoordigheid.
  • Gee geleentheid vir gebede.

Die mense wat die meeste invloed in ons lewens het, het dikwels min of geen gesag in terme van posisie. Daar is iets aan hul lewens wat hulle invloed in ons s’n gee.

God tot mens (Gesels oor vier van die volgende vrae)

Lees saam Nehemia 5:14-18

  1. Gesels met mekaar oor wat in die teks julle opval?

2.      Gesels oor die onbaatsugtige optrede van Nehemia. Wat is daar tans in jou lewe wat jou toekom, maar ter wille van ander gee jy dit prys.

3.      Bespreek die stelling: “People are usually defined by their final chapter, not their finest chapter.”

4.      In Neh. 1 lees ons dat Nehemia se leierskap is gebou op 3 G’s – Gebed – Geloof en Gehoorsaamheid. Gesels met mekaar oor watter een van die drie is jou sterkste en dalk swakste eienskap. Hoe kan ons mekaar hierin help?

5.      In Neh. 6 lees ons dat se vyande het voortdurend probeer om hom van stryk te bring. Deur leuens en vals dreigemente wou hulle sy fokus afhaal van die roeping wat God vir hom gegee het om Jerusalem te herbou.  Lees Neh 6:15-16. Hoe help die teks jou in jou optrede en roeping?

6.      Gesels met mekaar oor die posisie wat julle beklee. Hoe kan julle groep die leierskap, gawes en posisie wat God aan julle verleen gebruik om ander te help?

7.      Wie is daar in die samelewing of in ons gemeenskap wat uitgebuit en te na gekom word omdat diegene in leiersposisies hul mag misbruik? Hoe kan julle as groep ‘n verskil in hul lewens maak?

Mens tot medemens

God het jou ‘n invloedsfeer gegee. Nie vir jou eie voordeel nie, maar vir ander. Iemand het jou stem en voorbeeld nodig, daarom moet jy dit met wysheid gebruik. Beskerm dit ten alle koste. Jou invloed is immers jou geleentheid om die wêreld om jou ‘n beter plek te maak.

Doen-dinge:

  1. Dink aan mense wat ‘n groot impak in jou lewe maak. Gebruik ruim geleentheid om vir die Here dankie te se vir die persoon.
  2. Dink aan jou eie voorbeeld. Wat is die eienskappe wat jy graag wil verbeter of uitbou?

Voorbidding

  • Deel enige gebedsverhoring of Godservarings sedert julle mekaar laas gesien het. Dank God daarvoor.
  • Spreek julle versugting in gebed uit om volkome onder die beheer van die Heilige Gees te lewe.