Kleingroep en Huisgodsdiens riglyne
Sondag 20 September
Hou jou rigting: Nuwe gewoontes in onseker tye
Tema #3 – Duidelikheid; waarheen is jy oppad?
Mens tot Mens
- Gesels met mekaar oor mense teenoor wie jy verantwoordelik voel gedurende hierdie tyd van onsekerheid. Hoekom?
- Wie kyk op na jou vir sekerheid en leiding gedurende hierdie tyd?
- (Emosioneel,) Waar sou jy jouself op die volgende skaal plaas gedurende hierdie tyd?
Die hemel kom op my neer *————————————————* Onbeperkte Optimisme
- Steek ‘n kers aan as simbool van God se teenwoordigheid
- Luister na ‘n geestelike lied en word stil in die Here se teenwoordigheid.
- Gee geleentheid vir gebede.
Een van ons rolle as leiers, is om alles in ons vermoë te doen om ander mense te help en te verseker om nie hoop te verloor nie. Ons kan nie altyd sekerheid vir hulle gee nie, maar ons kan wel duidelikheid aan hulle verskaf. Veral gedurende tye van ontwrigting. Jy sal verbaas wees hoe voldoende duidelikheid gedurende sulke tye kan wees.
God tot mens
Lees saam Josua 1:5-11
(As die lede Josia 1:1-18 voor die tyd lees sal dit goed wees en die gesprek help)
- Gesels met mekaar oor wat in die teks julle opval?
- Gesels oor die volgende stelling: Duidelikheid is die tweede beste opsie naas sekerheid…
- Wat sou jy sê is die verskil tussen duidelikheid en sekerheid. Oor watter een het ons meer beheer?
- Wat was die verskil tussen Moses se leierskap (40 jaar in die woestyn) en Josua se leierskap (op pad na Kanaän)? Waarom was dit genoeg rede om Josua baie onseker te maak?
- Wat het vir hom gehelp om duidelikheid oor sy rol as leier te kry ten spyte van sy onsekerheid?
- Daar is vier woorde in verse 6-9 wat drie keer herhaal word. Wat sou die rede hiervoor wees?
- Waarop moes Josua volgens vers 6 sy duidelikheid baseer?
- Alhoewel hierdie instruksies spesifieks vir Josua gegee is, dink jy daar is sommige van daardie voorskrifte wat op ons van toepassing is? Noem ‘n paar.
- Wat kan jy doen om meer duidelikheid aan mense te verskaf te midde van die onsekerheid van die huidige pandemie?
Mens tot medemens
Dit is ‘n ongewone seisoen vir ons almal.
Leierskap is om mense op ‘n reis te neem, na ‘n plek waar hulle nog nie voorheen was nie.
Doen-dinge:
- Maak ‘n lys van omstandighede waar ‘n mense maklik sou kies om voor te gee. Bespreek hoe mense na iemand kyk wat voorgee hy/sy weet alles, en iemand wat erken dat hulle nie seker is oor waarheen hulle op pad is nie. Wie sou jy eerder wil volg?
- Dink oor mense in jou gemeenskap wat kan baat deur jou leierskap of die invloed wat God vir jou gegee het? Dink hoe jy of jul groep duidelikheid aan hierdie mense kan verskaf tydens hierdie pandemie.
Voorbidding
- Deel enige gebedsverhoring of Godservarings sedert julle mekaar laas gesien het. Dank God daarvoor.
- Spreek julle versugting in gebed uit om volkome onder die beheer van die Heilige Gees te lewe.