Kleingroep en Huisgodsdiens riglyne
Sondag 27 September
Hou jou rigting: Nuwe gewoontes in onseker tye
Tema #4 Medemenslikheid
Mens tot Mens
- Die uitdrukking: “Voeg die daad by die woord” is aan ons bekend. Wat sê dit vir ons tov die praktyk van medemenslikheid?
- Lewer gerus kommentaar op die stelling hieronder.
Words are important, but sometimes they aren’t enough. Lead with your humanity—your presence, compassion, and empathy.
Mens tot God
- Skep ‘n gewyde atmosfeer (stilte, mooi lied, gebed ens.).
- Vra iemand (voor die tyd?) om 1 Konings 19:11-13 voor te lees.
- Laat almal vir ‘n oomblik nadink oor die “die fluistering in die windstilte” (vers 12) voordat julle die kers aansteek.
- Gee geleentheid vir stil gebed.
In tye van onsekerheid en ontwrigting, het die mense rondom ons ‘n intense behoefte daaraan om te weet dat daar iemand is wat waarlik omgee. Dit is nou meer as ooit nodig dat ons uit ons gemaksone sal tree en egte medemense vir diegene wat daaraan behoefte het, sal wees.
God tot mens
Skrifgedeelte: Johannes 10: 1-11
- Kies asb ‘n sleutelvers (wat die hoofgedagte saamvat) uit die Skrifgedeelte. Sê dan waarom jy die betrokke teksvers gekies het.
- Waarom is Jesus vir ons ‘n rolmodel vir medemenslikheid? Hoekom is medemenslikheid belangrik?
- Wat is die verskil tussen ‘n vreemdeling en ‘n herder?
- Watter invloed het die stem van die herder op die skape gehad (verse 4,5,8)? Mense het behoefte daaraan om ons stem te hoor. (‘n Eensame persoon het gedurende die grendeltyd ‘n radiostasie geskakel en sy/haar selnommer gegee, en gevra dat hulle moet vra dat iemand asb. vir hom/haar moet bel.) Waarom kan ‘n WhatsApp, Epos of skriftelike nota nooit ons persoonlike stem vervang nie?
- Daar is ‘n ooreenkoms tussen herderskap en medemenslikheid. Waarom en in watter opsig?
- Is mense vanselfsprekend medemense? Of moet daar iets iets gebeur voordat ons ware medemense kan word?
- Indien daar tyd is, gesels oor die stelling: “Medemenslikheid staan op vier bene, naamlik respek, luister, omarming en liefde.”
Mens tot medemens
Hier is drie waardevolle geestelike dissiplines wat jou kan help in jou lewe saam met God en saam met ander mense:
- Wandel in die Woord (Lectio Divina)
Dit help my om die Bybel so te lees dat ek God se stem daarin hoor en Hom daarin ontmoet.
- Mediteer of nadink (Meditatio)
Meditasie probeer om ons in te trek in die leefwêreld van die teks. Ons verander van toeskouers tot deelnemers aan die teks.
- Bid (Oratio)
Die ervaring dat God met ons praat wanneer ons die Woord lees, vereis ‘n respons van ons kant.
Doen-dinge
Vra vir die Here om iemand oor jou pad te stuur wat hulp of ondersteuning nodig het. Dink hoe jy daardie persoon kan seën of help.
Voorbidding
Bid vir iemand wat die behoefte daaraan het om iemand anders se stem te hoor; dat daar so ’n medemens sal skakel of opdaag.