Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens
Week: 1-7 Februarie 2021
Onderwerp: Proof, Power, Priority
(Bewyse, Magte en Prioriteite) (Lukas 1:29-39)
Voor die groep begin, kry ‘n kers reg wat die groep kan aansteek.
- Begin met ‘n tyd van refleksie oor wat die Here die afgelope feestyd vir julle beteken het. Elkeen kan iets kort deel oor hulle ervaring van ‘n feestyd met inperkings, of dalk oor hoe hulle God leer ken het op ‘n nuwe manier.
Dit is Epifanie-tyd, die tyd waar die kerk besin oor haar verhouding met God. Die kleur van Epifanie is groen, dit stel ook groei voor. Hierdie is dan ook ‘n tyd waar ons kan fokus oor ons verhouding met God, en aktief daaraan kan werk.
- Gebruik nou ‘n oomblik van stilte waar elkeen reflekteer op hulle verhouding tans met die Here, en hoe dit verander het vandat die pandemie begin het.
Steek die kers aan as teken dat Jesus ons lig is, en sê vir mekaar:
Ek is hier… Jy is hier… God is hier
Lees gerus Psalm 147: 1-11 of Jesaja 40:21-31
Laat iemand in die Groep open met ‘n gebed van danksegging.
Agtergrond:
Lees nou Lees Markus 1:29-39
Bespreek die volgende vrae:
As Jesus die redder van die wêreld is, dan moet Jesus in staat kan wees om ons van die duiwel te red, Hy moet ook in staat wees om ons siele van sonde te kan red. Die implikasie is dat indien hierdie die ware seun van God is, en Jesus ons gaan laat opstaan by die wederkoms, dan moet Hy as te ware outoriteit hê oor beide die vleeslike en geestelike.
- Nadat die Jode vir die eerste keer gesien het wat Jesus in die sinagoge gedoen het, was hulle verstom dat Hy mag en outoriteit gehad oor die bose-gees. Hulle het nog nooit so iets beleef nie. Waarom dink jy was dit belangrik dat Jesus hierdie wonderwerk gedoen het in die sinagoge?
Markus skryf sy evangelie op so ‘n manier om vir die leser te help verstaan dat Jesus gekom het om die vloek van die sonde ongedaan te maak.
- Toe Jesus by Simon en Andreas (v 29-34) se huis aankom, het hulle dadelik vir Hom vertel van hulle moeder wat siek was. Nadat Hy haar gesond gemaak het, het baie ander mense daar opgedaag met siekes en ander kwale. Wat dink jy was die doel van die wonderwerke wat Jesus gedoen het?
Ons is geneig om nie van die woord ‘outoriteit’ te hou nie, dit praat van mag en onderdrukking, en dit vra gewoonlik dat ons op een of ander manier moet reageer daarop. As Jesus is wie Hy sê Hy is, dan beteken dit ook dat Hy outoriteit en mag oor ons het. In die teks sien ons dat Hy outoriteit oor siektes (die natuurlike wêreld) sowel as oor duiwels (die geestelike wêreld) het. Dit beteken dat Jesus die mag het om die vloek wat deur die sondeval gekom het om te draai.
- Hoe laat dit jou anders dink oor wat besig is om te gebeur in die wêreld, asook in jou persoonlike omstandighede?
- Hoe laat dit jou dink oor Jesus se rol in jou lewe?
- Hoe dink jy oor geloof? Dink jy jou geloof moet beperk wees tot persoonlike en privaat spasies soos jou huis of kerk of slaapkamer? Of voel jy dat jou geloof moet oorloop in die publieke wêreld? En Waarom?
In Vers 35 lees ons baie interessant van Jesus wat vroeg in die oggend opgestaan het om alleen op ‘n stil plek te gaan bid.
- Waarom dink jy was dit vir Jesus belangrik?
- Waarom dink jy het Jesus gesoek na stilte en isolasie?
- Watter rol speel gebed in jou lewe?
- Hoe beïnvloed jou gebedslewe jou daaglikse lewe?
Bespreek die volgende stelling:
Mens tot Medemens: Introspeksie en oordenking
- Dink bietjie aan die areas waar God jou dalk moet kom bevry.
- Wat is dit wat jou terughou om God heelhartig te volg, sonder enige twyfel?
- Is daar dalk areas in jou lewe waar jy genesing nodig het? Dalk iets soos onvergifnis, ‘n slegte verhouding, ens.
- Neem die kers, en stuur dit om sodat elkeen ‘n beurt kry om dit vas te hou. Speel dalk ‘n musiekstuk in die agtergrond. Terwyl elke persoon die kers houvas, kan die persoon ‘n stil gebed doen om die areas wat hy/sy identifiseer het in die vorige vrae. Doen ‘n kort gebed oor daardie areas van jou lewe, en vra dat die Here jou in daardie areas van jou lewe sal bevry.
Sluit af deur vir elkeen ‘n beurt te gee om te sê waarvoor hul gebed nodig het. Bid dan as ‘n groep vir elkeen. Hou in gedagte dat jy dalk die antwoord op iemand se gebed kan wees.