Omgeegroep riglyne: 8-11 Feb. Hy is die Lig

Omgeegroep riglyne: 8-11 Feb. Hy is die Lig

Riglyne vir omgeegroepe en Huisgodsdiens.

8-11 Februarie 2021

Tema: Hy is dié lig.

Mens tot Mens

  • Die 2 Korintiers brief is geskryf teen die agtergrond van spanning tussen Paulus en die gemeente.
  • Is jy bewus van spanning tussen jou en iemand anders? Paulus het iets daaraan probeer doen. En daarin geslaag. En jy?
  • Dink jy daar is spanning in ons gemeente? Wat is redes vir jou (ja/nee) antwoord?

Paulus beklemtoon hier dat sy apostelskap nie in sy eie krag of mag gesetel is nie, maar in die bediening wat hy van die Here ontvang het. Daarom kan hy nie anders nie as om Jesus Christus as die Here te verkondig.

Mens tot God

  • Skep ‘n gewyde atmosfeer (stilte, mooi lied, gebed ens.).
  • Help mekaar om op God te fokus.
  • Oorweeg dit om in die oomblik van toegespitsde aandag op God, Joh. 1:4 en 5 voor te lees.
  • Laat elkeen wat wil sê wat die verwysing na Christus as die Lig vir hom/haar beteken.
  • Steek asb.die kers  aan.
  • Gee geleentheid vir stilgebed.

God tot mens

Die misverstande is opgeklaar (hfst 2) en die werk van die Gees is weer eens beklemtoon (hfst. 3).

Skrifgedeelte: Paulus verskuif in hoofstuk 4:1-6 die aandag na sy eie bedieningsfilosofie, sowel as dié van sy kollegas. Hulle is dienaars van die Evangelie.

Skriflesing:  2 Korintiers 4 :1-6.

Besprekingsvrae

  1. Wat het daartoe aanleiding gegee dat Paulus en sy medewerkers die gawe ontvang het om die Evangelie te kan bedien? (V1) Wat sê dit vir ons as Sy getuies?
  2. Wat sou die rede(s) wees waarom Paulus-hulle nie moedeloos geword het nie?
  3. Wat sê vers drie van Paulus-hulle se bedieningsfilosofie? Behoort dit waar te wees van ons getuienisfilosofie?
  4. Hoe verstaan julle die omskrywing van die Evangelie is vers 3b? Wat sê dit vir ons van Christus? Lees asb. Kol. 1:15 en Hebr.1:3.
  5. Hoe verstaan julle dit dat daar mense is wat nie deur die Evangelie aangeraak word nie en verlore gaan?  Dink bietjie na oor dié stelling: “The god of this world is able only to blind the minds of the unbelieving… Refusal to believe is the secret and reason of the blindness that happens to men.” (Morgan)
  6. Paulus-hulle beskou hulleself volgens vers 5 as dienaars van die Evangelie. Hulle wil die verblindes help om hulle te bekeer. Wat is bekering en hoe vind dit plaas volgens vers 6? Dink asb. na oor Paulus se bekeringsverhaal in Hand. 9:1-19.
  7. Gesels asb ten slotte oor hierdie stelling:

Gelowiges se leefstyl moet die nuwe lewe reflekteer wat hulle in Jesus Christus ontvang het. Hulle is immers mense van die lig (Efes 5:8). En mense van die lig kan die praktyke van die duisternis nie verdra nie… Die resultaat is ‘n eerlike lewe wat die lig van Jesus vanuit jou hart regdeur jou lewe laat skyn. Soms kan jy woorde gebruik wanneer dit regtig nodig is… 

Mens tot medemens

Die opmerking hieronder sê dit alles:

Uit Christus straal die lig van God se heerlikheid. Ons weerkaats hierdie lig wat tot binne-in ons diepste wese skyn. Deur die lig wat uit Jesus in hulle harte skyn, kan gelowiges met nuwe, ander oë na God se skepping en ander mense kyk. -Kontak

Doen-dinge

Leef Mat. 5:14-16 uit. En jy sal nie woorde nodig hê om te getuig nie…

Voorbidding

Hier is iets om oor na te dink. 

Understanding Satan’s strategy with unbelievers should affect how we pray for the lost. We should ask God to shine His light, to bind the blinding work of Satan, and to give faith to overcome the unbelief that invites the blinding.

Groete en seën

Andrie