Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens
Week: 29 Maart – 4 April 2021
Onderwerp: Leeg… (Handelinge 10:34-43)
Voor die groep begin, kry ‘n bak met water reg. Die idee van die water is sodat die groeplede ‘n doop herinnerings moment kan hou. ‘n Aangesteekte kers kan ook langs die doopbak brand.
(Onthou dat hierdie riglyne is, en dat elke groep leier die bespreking hiervan kan aanpas. Die materiaal help slegs om gesprek te bevorder).
Neem ‘n tydjie om te dink aan alles wat leeg is in jou lewe: Leë huis, leë bankrekening, leë voertuig, leë emosionele toestand, leë vriendskappe, ens.
Dink daaroor na oor hoe hierdie leë elemente jou laat voel.. (Bespreek dit met mekaar).
Leegheid beteken vir ons teleurstelling, hartseer, angs ….. behalwe..
Laat iemand in die groep die gedeelte uit Markus 16:1-8 lees.
“Petrus: Die graf is leeg” – Hoe voel julle oor hierdie woorde? Hoe laat dit julle voel? Bring die leegheid van die graf vir julle dieselfde gevoelens na vore as die leegheid wat julle in julle lewens ervaar? Hoekom of hoekom nie?
Open met Gebed
Lees die volgende Inleiding tot die teks:
Lees die volgende:
Die stukkie hierbo is belangrik vir agtergrond om die volgende stellings te bespreek, maar seker dat almal dit verstaan.
Lees nou Handelinge 10:34-43
Bespreek die volgende stellings (Vra is bygesit om te help met die bespreking):
- Ons redding is nie gebaseer op ons nasionale identiteit nie, ook nie op ons goeie werke nie. V35
Petrus sê: ”Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie seker mense bo ander voortrek nie.”
- Hoekom voel ons soms dat God mense voortrek? Wie is hulle?
- Waarom dink ons dat ons identiteit soms ‘n belangrike rol speel in redding, en die redding van ander? (Soos wat die Jode geglo het hulle is spesiaal).
- Hoekom dink julle is ons geneig om ander mense dieselfde wil hê as wat ons is?
- Wat leer julle oor wat God se plan vir die wêreld is?
- Redding is gesentreerd op die persoon en werk van Jesus Christus. v36-38.
Let op dat in Petrus se preek, neem God ‘n hele paar keer die inisiatief om die goeie nuus by die mense uit te kry – “die evangelie van Vrede” Die feit dat Jesus vrede verkondig het, impliseer dat daar vyandigheid tussen God en mens is. Meeste mense is onbewus van hierdie vyandigheid en verstaan nie God se heiligheid nie. Terwyl hulle saamstem dat hulle nie perfek is nie, sien mense hulself as goeie mense. Hulle vergelyk hulself met kriminele en ander slegte mense, en kom tot die gevolgtrekking dat God hulle sal red omdat hulle nie soos hierdie ander ‘afskuwelike’ mense is nie.
- Waarom dink julle dink mense dat hulle in beheer kan wees van hulle redding?
- Waarom is ons geneig om na onsself te kyk as goeie mense?
- Wat dink julle beteken Jesus se dood aan die kruis vir hierdie vyandigheid tussen God en mens?
- Wat dink julle sou dit beteken as Jesus nie uit die dood opgestaan het nie? En hoe verander daardie opinie as hy het?
- Wat is die gevolgtrekking van redding? Lê dit in die mens, of lê dit elders? Waar? En Hoekom?
- Redding van die nasies word deur die getroue volgelinge van God versprei
Petrus beklemtoon aanhoudelik hoe ‘ons as apostels’ getuies is van wat Jesus gedoen het (v39). Hy beklemtoon dat hulle sy opstanding beleef het (v40), en dat Jesus hulle opdrag gegee het om aan almal te verkondig dat Hy die Regter is wat almal sal oordeel. Die punt is dat God red ons van ons sonde, en dan wys Hy ons aan om Sy woord te verkondig.
- Waarom dink julle kies God om so deur sy volgelinge te werk?
- Sou dit nie beter wees as God self die evangelie uit die Hemel geskree het nie? Of as engele dit om uitbasuin nie?
- Redding kom slegs na die wie glo in die Naam van Jesus
In Handelinge 4:12 sê Petrus: “Daar is geen verlossing by iemand anders nie. Daar is geen ander naam op aarde wat mense kan aanroep om verlos te word nie.” Dit beteken dat daar nie redding is vir goeie Moslems, of Hindoes, of Boeddhiste buite Jesus Christus is nie. Dit beteken ook daar nie redding is vir goeie Suid-Afrikaners wat nie ‘n verhouding met Jesus het nie. Daar is nie redding omdat jy goed is nie, daar is redding omdat jy glo.
- Hoe belangrik is ‘n persoonlike verhouding met Jesus vir jou?
- Het jou geloof dalk die laaste tyd afgewater geword? Hoe dink jy kan ons ons geloof weer vuur en vlam laat wees soos iemand soos Petrus?
- Redding loop uit op duidelike getuienis in die wat redding ontvang
- Bespreek of jy dink hierdie stelling waar is, en hoekom dit gebeur.
- Wat is die getuienis wat saam met redding gepaard gaan?
- Kan redding sonder hierdie getuienis plaasvind?
Doop Herinnerings moment
Deur Christus se opstanding ontvang ons elkeen genade en word ons nuut gemaak. Die doop is ook ‘n teken van hierdie genade en dien as ‘n verbintenis met God en mekaar as geloof gemeenskap.
- Druk jou hand in die water en sit dit op jou voorkop. Deel met mekaar waar jy hierdie week God se genade beleef het.
Sluit af met ‘n gebed waar almal in die groep vir mekaar bid.