Parow Panorama Kerk Preek Sondag 15 Nov 2020

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 15 Nov 2020

OORWINNING IS IN GOD SE HAND (Rigters 4:1-8)

God se volk bevind hulle al weer in ‘n plek waar hulle onderdruk word. Maar hierdie keer is die onderdrukking nie vir geen rede nie; die onderdrukking waarin die Israeliete hulleself bevind, het hulle oor hulself gebring – net soos ons, wanneer ons besluite neem wat nie altyd vir ons uitwerk nie. In hierdie geval is daar is twee tipes reaksies: Die eerste is een wat in ‘n hopie sal gaan sit, en toelaat dat die omstandighede hulle onderkry, opgee, en hoop verloor. Wanneer ons ons op hierdie plek bevind, is dit nie noodwendig net sleg nie, maar eerder ‘n plek van refleksie en introspeksie. Dan is daar nog ‘n ander reaksie, een wat besluit om iets aan hierdie omstandighede te doen, een wat ‘n uitkoms sien, hoop kweek, en duidelike fokus beliggaam. Maar die omstandighede, en die vyand se houvas is so groot en sterk op die volk van God dat hulle eerder wil opgee. In die gesig van die oorheersende sterk vyand, blyk daar nie oorwinning te wees nie.
In Rigters 4:1-8 lees ons van Debora, ‘n vroulike profeet wat haarself sien as ‘n instrument in God se hand, om nie net die volk te help deur na hulle te luister en goddelike wysheid te gee nie, maar ook om op te staan en ‘n bepaalde rol te vervul. Soms het ons iemand (of iets) nodig om ons te help om ‘n bietjie hoop vir almal te bring. Debora bring hoop na die volk, sy help hulle om te verstaan dat dit net God is wat hulle kan red, en hulle rol is om hulle oë op die Here gerig te hou. Debora tree op as skakel tussen God en die volk, want sy luister fyn wat die Here vir haar sê.
Ons het ook nodig om fyn te luister na wat God vandag vir ons sê.

Gee Aanlyn

SnapScan is ‘n maklike manier van gee 1. Installeer die SnapScan app 2. Volg die app se instruksies 3. Maak die SnapScan skakel oop en scan die kode met die app. 4. Die link behoort in die SnapScan oop te maak op ‘n telefoon as Snapscan klaar geinstalleer is.