Preke deur Stefan Fourie

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 28 Februarie 2021

Wanneer God jou naam verander (Gen 17:1-7; 15-21) In ons kultuur is die betekenis van ons name nie so erg belangrik soos wat dit in sommige ander kulture is nie, veral in die kultuur in die Bybel. Hier is jou naam ‘n verlenging van wie jy is, wie jy in wese is, of dit wat jy behoort te wees.Sondag se teks raak drie belangrike elemente aan: (1) God, die Almagtige, (2) die Belofte, en (3) die Verandering van name.Hoekom verander…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 7 Februarie 2021

PROOF, POWER, PRIORITY (BEWYSE, MAGTE, PRIORITEITE) Markus 1:29-39 Die begin van die Markus-evangelie maak dit duidelik dat die bediening van Jesus taamlik baie aandag getrek het. Die rede hiervoor was dat Jesus heelwat anders met die woord om-gegaan het, en self met mense gewerk het – Hy het met outoriteit oor God gepraat en in die sinagoge het die Jode aan sy lippe gehang en kon hulle oë nie glo toe Jesus die bosemag wat teenwoordig was, verslaan het nie.…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 24 Januarie 2021

OM TE KAN RUS, WEET, VERTROU (Psalm 62) Hoekom gebeur slegte goed met goeie mense? Hierdie is ‘n oeroue vraag wat steeds by my en by baie ander mense spook. En ek het al baie antwoorde gekry, sommiges beter as ander. Kyk maar net rondom ons. Kyk wat gebeur met ‘n geteisterde mens wat op God alleen vertrou! Hy/sy staan net soos ander mense in die harde werkliheid van hierdie lewe. Hy/sy kry net soos ons daagliks te doen met…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 13 Desember 2020

WANNEER GOD JOU NUUT MAAK (Jesaja 61:1-4, 8-11) Goeie nuus in ons tyd is nogal skaars, en wanneer ons wel goeie nuus ontvang, hou dit dikwels nie te lank nie. Goed-voel stories hou ook net so lank, en voor ons ons kom kry, oorspoel die slegte ons weer. Dalk in die vorm van ‘n siekte, werkloosheid, verlies, inperkings of enige iets anders. In die koerante en oor die nuus lees en sien ons ook net dit wat verkeerd in die…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 29 Nov 2020

KLEI IN GOD SE HAND (Jesaja 64:1-8) Met Kersfees vier en verkondig ons dat die Woord vlees geword en onder ons kom woon het (Joh 1:14). Advent is die tydperk (vier weke) van aanloop tot Kersfees. Advent is immers nie dieselfde as Kersfees nie, maar dit is ‘n tyd van verwagting en voorbereiding op die koms van Christus. In hierdie tyd word ons herinner aan die hoop waarmee Israel in donker tye op die koms van die Messias gewag het.…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 15 Nov 2020

OORWINNING IS IN GOD SE HAND (Rigters 4:1-8) God se volk bevind hulle al weer in ‘n plek waar hulle onderdruk word. Maar hierdie keer is die onderdrukking nie vir geen rede nie; die onderdrukking waarin die Israeliete hulleself bevind, het hulle oor hulself gebring – net soos ons, wanneer ons besluite neem wat nie altyd vir ons uitwerk nie. In hierdie geval is daar is twee tipes reaksies: Die eerste is een wat in ‘n hopie sal gaan sit,…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 18 Okt 2020

God is ons Vader. Hy versorg en voorsien. Die Israelitiese ballinge het dit gehoor en geglo. Hy is hulle Skepper-god. Hulle behoort aan Hom. Hy het hulle as sy dienaars uitverkies om Sy getuies te wees. Hulle is deur God gekies om in Hom te glo en te besef dat Hy God is. Hulle moes hierdie oortuiging uitleef, want Hy het hulle geroep om te getuig dat Hy alleen waarlik God is. Voor Hom was daar geen God nie. En…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 20 Sep 2020

HOU JOU RIGTING – #3:WARE MEDEMENSE IS KOERSVASTE MENSE ‘n Mens word ‘n medemens wanneer jy jou eie broosheid en kwesbaarheid erken. As dit gebeur, sal medemense agterkom dat jy hulle diepste gewaarwordinge verstaan. En sal jy as opregte medemens empaties by ander se wel en wee betrokke raak en jou in hulle leefwêreld inleef.Ware medemense weet waarvandaan hulle kom en waarheen hulle gaan. Soos Josua van ouds het hulle duidelikheid oor die pad vorentoe, hoewel hulle nie seker is…
Parow Panorama NG Kerk

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 17 Mei 2020

More Vriende! Welkom by vandag se e-Kerk aanlyn erediens. Neem gerus die tyd om rustig te raak en daarna te kyk. Ek stuur vyf video’s vandag. 1. Erediens2. Virtuele lied3. Kindertyd4. Kinterpinkster Launch video5. AankondigingsOnthou ook dat Bybelskool vandag afskop met aanlyn klassies. Erediens Virtuele lied Kindertyd Kinterpinkster Launch video Aankondigings
  • 1
  • 2