Preke in Belofte maak skuld
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 21 Februarie 2021
Belofte maak skuld (Genesis 9:8-17) Aswoensdag is verby. Die eerste Lydenssondag is op hande. Dit staan bekend as Invocavit (“Hy roep (My) aan”). Verbondsmense het die vry-heid om hulle Verbondsgod aan te roep. Die sondvloed is verby. Noag en sy familie maak gereed om die ark te verlaat. God seën vir Noag en sy seuns en sluit ‘n verbond met hulle. Sy verbond met hulle is ‘n belofte dat die katastrofe van die sondvloed vir altyd verby is. Hierdie belofte…