Preke in Genesis

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 28 Februarie 2021

Wanneer God jou naam verander (Gen 17:1-7; 15-21) In ons kultuur is die betekenis van ons name nie so erg belangrik soos wat dit in sommige ander kulture is nie, veral in die kultuur in die Bybel. Hier is jou naam ‘n verlenging van wie jy is, wie jy in wese is, of dit wat jy behoort te wees.Sondag se teks raak drie belangrike elemente aan: (1) God, die Almagtige, (2) die Belofte, en (3) die Verandering van name.Hoekom verander…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 21 Februarie 2021

Belofte maak skuld (Genesis 9:8-17) Aswoensdag is verby. Die eerste Lydenssondag is op hande. Dit staan bekend as Invocavit (“Hy roep (My) aan”). Verbondsmense het die vry-heid om hulle Verbondsgod aan te roep. Die sondvloed is verby. Noag en sy familie maak gereed om die ark te verlaat. God seën vir Noag en sy seuns en sluit ‘n verbond met hulle. Sy verbond met hulle is ‘n belofte dat die katastrofe van die sondvloed vir altyd verby is. Hierdie belofte…