Preke in Korintiers

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 14 Februarie 2021

HY IS DIÉ LIG (2 Korintiers 4:1-6) In dié brief aan die Korintiërs word Paulus se toewyding, sy roeping en taak as getuie van Jesus Christus op aangrypende en roerende manier geskets. Dat daar baie tussen Paulus en dié gemeente gebeur het tussen die briewe van 1 en 2 Korin-tiërs, is vir seker. Sy skerp woorde aan ge-meentelede wat hulself as weldoeners beskou het (1 Kor 4-5), was waarskynlik die breekpunt in die verhouding tussen hom en van die gemeentelede.…