Preke in Dit kan nie waar wees nie
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 1 Nov 2020
Die verhaal van Israel se deurtog deur die Jordaanrivier is, om die minste te sê, net te goed om waar te wees. Die volk bevind hulle op die grens van die beloofde land Kanaän. Al wat tussen hulle en die land van melk en heuning lê, is die magtige Jordaanrivier. Dis boonop oestyd en die rivier loop kant en wal.Soos reeds meermale tevore opgemerk is, was die Babiloniese ballingskap ‘n donker tyd vir die volk Israel. Hulle het begin twyfel…