Parow Panorama Kerk Preek Sondag 1 Nov 2020

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 1 Nov 2020

Die verhaal van Israel se deurtog deur die Jordaanrivier is, om die minste te sê, net te goed om waar te wees. Die volk bevind hulle op die grens van die beloofde land Kanaän. Al wat tussen hulle en die land van melk en heuning lê, is die magtige Jordaanrivier. Dis boonop oestyd en die rivier loop kant en wal.
Soos reeds meermale tevore opgemerk is, was die Babiloniese ballingskap ‘n donker tyd vir die volk Israel. Hulle het begin twyfel aan die Here se teenwoordigheid en of Hy nog by hulle betrokke is. Elke dag het die ballinge vreemde gode en vreemde godsdienstige gebruike rondom hulle gesien, gode soos Baäl en Asjera. Hulle moes hoor hoe sterk en groot dié gode is en wat hulle alles kan doen.
Die Jordaan-verhaal wil daarom juis vir hulle en vir ons sê: Die verbondsgod, Jahwe, is die magtige God wat groot dinge doen. Die tog deur die Jordaan is daarvan ‘n teken.
In ‘n tyd van onsekerheid en transformasie moet ons dit weer met groot helderheid hoor: Die Here doen groot dinge. En die Here wat groot dinge doen, is ook die Een wat by ons is. Soos wat die ark vir Israel die simbool van God se teenwoordigheid was, trek Hy vandag nog voor ons die wêreld in. Ons is nie alleen nie. Sy teenwoordigheid bring rus en kalmte.
God se genade sluit egter nie ons verantwoordelikheid uit nie. Hy doen groot dinge. Maar Hy beklee ons ook met aansien soos vir Josua (Jos 3:7), sodat ons ons roeping as sy mense met geloof en hoop in die wêreld kan vervul.

Gee Aanlyn

SnapScan is ‘n maklike manier van gee 1. Installeer die SnapScan app 2. Volg die app se instruksies 3. Maak die SnapScan skakel oop en scan die kode met die app. 4. Die link behoort in die SnapScan oop te maak op ‘n telefoon as Snapscan klaar geinstalleer is.