Parow Panorama Kerk Preek Sondag 25 Okt 2020

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 25 Okt 2020

God beloof uitkoms aan sy volk in ballingskap. Hy is die Almagtige wat alles kan doen. Hy het Hom-self bewys as die Een wat sy beloftes nakom. En Hy wil hê dat hulle Hom aan sy beloftes sal herinner (Jes. 62:6). Hy is hulle Vader wat sorg en voorsien. Hy het hulle geskep en gevorm. En sal hulle altyd beskerm en bystaan. Want Hy is Israel se Redder, net soos wat Jesus Christus ons Redder en ons Hoop op die ewige lewe is (Kol. 1:27).
Die Israelitiese ballinge het gefikseer geraak op die verlede. Al waaraan hulle gedink het, was die vleispotte van Egipte en hulle verlossing uit slawerny. Hulle beheptheid met die verlede het hulle al hoe dieper laat terugsak in die ellende van hulle ballingskap.
Hulle was verdrukte gyselaars wat noodgedwonge voor die gesag van die Babiloniese owerheid moes buig. Hulle moes hulle eie godsdienstige kultuur afsweer en hulleself met die God-onterende godsienstige rituele van die Babiloniërs vereenselwig.
Jesaja se boodskap aan die ballinge is dat God iets nuuts gaan doen. Hy daag hulle uit om nie net aan die vroeëre dinge te dink nie. En hulle nie deur die ellende van hulle ballingskap te laat oorweldig nie. God gaan ‘n nuwe begin met hulle maak. Daar wag ‘n nuwe uittog op hulle. Hulle moet nou op die toekoms fokus. Hulle verlossing uit ballingskap sal net so uniek en ingrypend wees as hulle bevryding uit Egipte. Hulle moet op God vertrou. En hulleself vir die groot oomblik voorberei.
Wat sê dit vir ons vandag? God kan en sal deur sy Gees nuwe lewe bring! Nuwe lewe vir elkeen wat op die Here vertrou. En nuwe lewe vir ons gemeente wat op die oomblik die hartseer van ontnugtering en teleurstelling beleef.
Kom ons eer Hom vir Wie Hy is en vir wat Hy gaan doen!

Gee Aanlyn

SnapScan is ‘n maklike manier van gee 1. Installeer die SnapScan app 2. Volg die app se instruksies 3. Maak die SnapScan skakel oop en scan die kode met die app. 4. Die link behoort in die SnapScan oop te maak op ‘n telefoon as Snapscan klaar geinstalleer is.