Parow Panorama Kerk Preek Sondag 18 Okt 2020

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 18 Okt 2020

God is ons Vader.
Hy versorg en voorsien. Die Israelitiese ballinge het dit gehoor en geglo. Hy is hulle Skepper-god. Hulle behoort aan Hom. Hy het hulle as sy dienaars uitverkies om Sy getuies te wees. Hulle is deur God gekies om in Hom te glo en te besef dat Hy God is. Hulle moes hierdie oortuiging uitleef, want Hy het hulle geroep om te getuig dat Hy alleen waarlik God is. Voor Hom was daar geen God nie. En na Hom sal daar geen God wees nie. Hy is die Alfa en die Omega. Meer nog: buiten Hom is daar geen Redder nie. Hy is die enigste Een wat hulle uit ballingskap sal en kan bevry. Hy besit alle mag. Dit was altyd so. En sal in die toekoms ook so wees. Hierdie feit word met verskillende ʺEk isʺ-uitsprake beklemtoon. Byvoorbeeld Ek, Ek is die Here … Ek het die redding aangekondig … Ek, nie ‘n ander God onder julle nie …

God was Israel in ballingskap se enigste bron van Hoop. Hy bevestig dit wanneer Hy in vers 11 verklaar: ʺEk, Ek is die Here, buiten My is daar geen redder nie.ʺ
Hierdie waarheid vind ook in die Nuwe Testament weerklank wanneer Jesus verklaar: Ek is die Weg en die Waarheid en die Lewe. En: Die Seun van die mens het immers gekom om te soek en te red wat verlore is. Vir ons as NuweTestamentiese gelowiges is Christus ons enigste Redder. Vir ons is hoop dus nie iets nie, maar Iemand – Jesus Christus! (1 Tim. 1:1) Hy is ons Here. Paulus verklaar: ʺHy is julle Hoop op die heerlikheid.ʺ (Kol. 1:27b) Christus, ons Hoop, woon deur die Heilige Gees in ons. Ons is lewende getuies van die Hoop wat in ons woon. Petrus sê ons moet altyd gereed wees om ‘n antwoord te gee aan elkeen wat van ons ‘n verduideliking eis oor die hoop wat in ons lewe (1 Petr. 3:15).

Ons moet in onseker tye vir die onseker wêreld hoop gee. En ons gee dit deur aan hulle Iemand te gee. Hulle moet in ons woorde en deur ons dade hoor en sien dat Christus, die lewende Hoop, deur sy Gees in ons woon. Wat ‘n uitdaging is dit nie vir ons as gelowiges en as gemeente nie!

Gee Aanlyn

SnapScan is ‘n maklike manier van gee 1. Installeer die SnapScan app 2. Volg die app se instruksies 3. Maak die SnapScan skakel oop en scan die kode met die app. 4. Die link behoort in die SnapScan oop te maak op ‘n telefoon as Snapscan klaar geinstalleer is.