Preke in Jesaja
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 13 Desember 2020
WANNEER GOD JOU NUUT MAAK (Jesaja 61:1-4, 8-11) Goeie nuus in ons tyd is nogal skaars, en wanneer ons wel goeie nuus ontvang, hou dit dikwels nie te lank nie. Goed-voel stories hou ook net so lank, en voor ons ons kom kry, oorspoel die slegte ons weer. Dalk in die vorm van ‘n siekte, werkloosheid, verlies, inperkings of enige iets anders. In die koerante en oor die nuus lees en sien ons ook net dit wat verkeerd in die…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 6 Desember 2020
DIE EVANGELIE VAN DIE OU TESTAMENT (Jes. 40:1-11) Die tweede Adventsondag is die Sondag van vrede. Dit is die tyd van verwagting na volkome verlossing en herstel. Ons Skrifgedeelte staan bekend as die Evangelie van die Ou Testament. Dit herinner ons aan Johannes die Doper wat die pad vir ons Verlosser moes voorberei.Troos is een van die belangrikste temas in hierdie perikoop. Die opdrag om die mismoedige bannelinge te troos, kom van ‘n God wat omgee. Die boodskapper moet aan…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 29 Nov 2020
KLEI IN GOD SE HAND (Jesaja 64:1-8) Met Kersfees vier en verkondig ons dat die Woord vlees geword en onder ons kom woon het (Joh 1:14). Advent is die tydperk (vier weke) van aanloop tot Kersfees. Advent is immers nie dieselfde as Kersfees nie, maar dit is ‘n tyd van verwagting en voorbereiding op die koms van Christus. In hierdie tyd word ons herinner aan die hoop waarmee Israel in donker tye op die koms van die Messias gewag het.…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 25 Okt 2020
God beloof uitkoms aan sy volk in ballingskap. Hy is die Almagtige wat alles kan doen. Hy het Hom-self bewys as die Een wat sy beloftes nakom. En Hy wil hê dat hulle Hom aan sy beloftes sal herinner (Jes. 62:6). Hy is hulle Vader wat sorg en voorsien. Hy het hulle geskep en gevorm. En sal hulle altyd beskerm en bystaan. Want Hy is Israel se Redder, net soos wat Jesus Christus ons Redder en ons Hoop op die…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 18 Okt 2020
God is ons Vader. Hy versorg en voorsien. Die Israelitiese ballinge het dit gehoor en geglo. Hy is hulle Skepper-god. Hulle behoort aan Hom. Hy het hulle as sy dienaars uitverkies om Sy getuies te wees. Hulle is deur God gekies om in Hom te glo en te besef dat Hy God is. Hulle moes hierdie oortuiging uitleef, want Hy het hulle geroep om te getuig dat Hy alleen waarlik God is. Voor Hom was daar geen God nie. En…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 4 Okt 2020
GELOOFS-LENTE GEE GROEI Dis heerlike lente; die winter’s verby …! Ons ken dié liedjie al van kindsbeen af. Maar nog nooit het die figuurlike betekenis daarvan so ‘n impak op ons lewens gehad soos in die afgelope winter nie. Dit was ‘n Covid-19 winter. Ons het nog nooit so iets beleef nie. En net soos wat ons vanjaar die langdurige winterkoue moet verduur – al is dit reeds lente – net so sukkel ons om van die Corona-winter ontslae te…