Preke van November 2020

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 29 Nov 2020

KLEI IN GOD SE HAND (Jesaja 64:1-8) Met Kersfees vier en verkondig ons dat die Woord vlees geword en onder ons kom woon het (Joh 1:14). Advent is die tydperk (vier weke) van aanloop tot Kersfees. Advent is immers nie dieselfde as Kersfees nie, maar dit is ‘n tyd van verwagting en voorbereiding op die koms van Christus. In hierdie tyd word ons herinner aan die hoop waarmee Israel in donker tye op die koms van die Messias gewag het.…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 22 Nov 2020

LEEF OM HOM TE LOOF (Psalm 100) ʺWaarvoor lewe jy?ʺ Anders gesê: ”Wat is die doel van jou bestaan?” Die eerste van die 107 vrae van die verkorte Westminster Kategismus (1648) lui: What is the chief end of man? En die antwoord: Man’s chief end is to glorify God, and to enjoy him for ever. Jy lewe om Hom te loof. En Sy teenwoordigheid in jou lewe te geniet.Die hoogste doel van ons bestaan is om God te loof en…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 15 Nov 2020

OORWINNING IS IN GOD SE HAND (Rigters 4:1-8) God se volk bevind hulle al weer in ‘n plek waar hulle onderdruk word. Maar hierdie keer is die onderdrukking nie vir geen rede nie; die onderdrukking waarin die Israeliete hulleself bevind, het hulle oor hulself gebring – net soos ons, wanneer ons besluite neem wat nie altyd vir ons uitwerk nie. In hierdie geval is daar is twee tipes reaksies: Die eerste is een wat in ‘n hopie sal gaan sit,…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 8 Nov 2020

Padtekens is baie belangrik. Dit help ons om te weet of ons moet stop of ry, mag verbygaan of nie en hoe ver die volgende bestemming is. Die verhaal van Israel is vol sulke padtekens: Abraham, Isak, Jakob, Josef, Egipte, die uittog, die woestyntyd en die intog in Kanaän. Nou is dit asof die padteken voor hulle staan wat sê: ʺBestemming bereik! Julle pad van swerftog het aan ‘n einde gekom.ʺ God het al sy beloftes vervul.Israel het egter nie…

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 1 Nov 2020

Die verhaal van Israel se deurtog deur die Jordaanrivier is, om die minste te sê, net te goed om waar te wees. Die volk bevind hulle op die grens van die beloofde land Kanaän. Al wat tussen hulle en die land van melk en heuning lê, is die magtige Jordaanrivier. Dis boonop oestyd en die rivier loop kant en wal.Soos reeds meermale tevore opgemerk is, was die Babiloniese ballingskap ‘n donker tyd vir die volk Israel. Hulle het begin twyfel…