Preke deur Ds Ewald Jansen van Rensburg
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 6 Desember 2020
DIE EVANGELIE VAN DIE OU TESTAMENT (Jes. 40:1-11) Die tweede Adventsondag is die Sondag van vrede. Dit is die tyd van verwagting na volkome verlossing en herstel. Ons Skrifgedeelte staan bekend as die Evangelie van die Ou Testament. Dit herinner ons aan Johannes die Doper wat die pad vir ons Verlosser moes voorberei.Troos is een van die belangrikste temas in hierdie perikoop. Die opdrag om die mismoedige bannelinge te troos, kom van ‘n God wat omgee. Die boodskapper moet aan…