Preke van Oktober 2020
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 25 Okt 2020
God beloof uitkoms aan sy volk in ballingskap. Hy is die Almagtige wat alles kan doen. Hy het Hom-self bewys as die Een wat sy beloftes nakom. En Hy wil hê dat hulle Hom aan sy beloftes sal herinner (Jes. 62:6). Hy is hulle Vader wat sorg en voorsien. Hy het hulle geskep en gevorm. En sal hulle altyd beskerm en bystaan. Want Hy is Israel se Redder, net soos wat Jesus Christus ons Redder en ons Hoop op die…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 18 Okt 2020
God is ons Vader. Hy versorg en voorsien. Die Israelitiese ballinge het dit gehoor en geglo. Hy is hulle Skepper-god. Hulle behoort aan Hom. Hy het hulle as sy dienaars uitverkies om Sy getuies te wees. Hulle is deur God gekies om in Hom te glo en te besef dat Hy God is. Hulle moes hierdie oortuiging uitleef, want Hy het hulle geroep om te getuig dat Hy alleen waarlik God is. Voor Hom was daar geen God nie. En…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 11 Okt 2020
GOD IS ONS VADER God is drie en tog een. Die Vader is nie belangriker as die Seun nie en die Heilige Gees is nie aan die Seun of die Vader ondergeskik nie. Die drie goddelike persone vorm een goddelike Wese. Artikel 1 van die Nederlandse Geloofs-belydenis stel dit so: Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ‘n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem … Wanneer ons aan God as…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 4 Okt 2020
GELOOFS-LENTE GEE GROEI Dis heerlike lente; die winter’s verby …! Ons ken dié liedjie al van kindsbeen af. Maar nog nooit het die figuurlike betekenis daarvan so ‘n impak op ons lewens gehad soos in die afgelope winter nie. Dit was ‘n Covid-19 winter. Ons het nog nooit so iets beleef nie. En net soos wat ons vanjaar die langdurige winterkoue moet verduur – al is dit reeds lente – net so sukkel ons om van die Corona-winter ontslae te…