Preke deur Dr Andrie Kilian
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 21 Februarie 2021
Belofte maak skuld (Genesis 9:8-17) Aswoensdag is verby. Die eerste Lydenssondag is op hande. Dit staan bekend as Invocavit (“Hy roep (My) aan”). Verbondsmense het die vry-heid om hulle Verbondsgod aan te roep. Die sondvloed is verby. Noag en sy familie maak gereed om die ark te verlaat. God seën vir Noag en sy seuns en sluit ‘n verbond met hulle. Sy verbond met hulle is ‘n belofte dat die katastrofe van die sondvloed vir altyd verby is. Hierdie belofte…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 14 Februarie 2021
HY IS DIÉ LIG (2 Korintiers 4:1-6) In dié brief aan die Korintiërs word Paulus se toewyding, sy roeping en taak as getuie van Jesus Christus op aangrypende en roerende manier geskets. Dat daar baie tussen Paulus en dié gemeente gebeur het tussen die briewe van 1 en 2 Korin-tiërs, is vir seker. Sy skerp woorde aan ge-meentelede wat hulself as weldoeners beskou het (1 Kor 4-5), was waarskynlik die breekpunt in die verhouding tussen hom en van die gemeentelede.…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 31 Januarie 2021
Tema: Jesus is Here (Markus 1:21-28) Die Markus-evangelie is die oudste van die evangelies. Markus vertel op dramatiese wyse dat Jesus Christus die Seun van God is. Hy maak sy lesers en hoorders deel van Jesus se aardse bediening. En vestig die Evangelie in mense se harte en lewens. Volgens Markus gebruik Jesus die sinagoge as vertrekpunt. Sinagoges het nie almal ‘n eie rabbi gehad nie. Hulle het gereeld besoekende rabbi’s vir lering en prediking ontvang. Jesus se onderrig en…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 22 Nov 2020
LEEF OM HOM TE LOOF (Psalm 100) ʺWaarvoor lewe jy?ʺ Anders gesê: ”Wat is die doel van jou bestaan?” Die eerste van die 107 vrae van die verkorte Westminster Kategismus (1648) lui: What is the chief end of man? En die antwoord: Man’s chief end is to glorify God, and to enjoy him for ever. Jy lewe om Hom te loof. En Sy teenwoordigheid in jou lewe te geniet.Die hoogste doel van ons bestaan is om God te loof en…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 8 Nov 2020
Padtekens is baie belangrik. Dit help ons om te weet of ons moet stop of ry, mag verbygaan of nie en hoe ver die volgende bestemming is. Die verhaal van Israel is vol sulke padtekens: Abraham, Isak, Jakob, Josef, Egipte, die uittog, die woestyntyd en die intog in Kanaän. Nou is dit asof die padteken voor hulle staan wat sê: ʺBestemming bereik! Julle pad van swerftog het aan ‘n einde gekom.ʺ God het al sy beloftes vervul.Israel het egter nie…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 1 Nov 2020
Die verhaal van Israel se deurtog deur die Jordaanrivier is, om die minste te sê, net te goed om waar te wees. Die volk bevind hulle op die grens van die beloofde land Kanaän. Al wat tussen hulle en die land van melk en heuning lê, is die magtige Jordaanrivier. Dis boonop oestyd en die rivier loop kant en wal.Soos reeds meermale tevore opgemerk is, was die Babiloniese ballingskap ‘n donker tyd vir die volk Israel. Hulle het begin twyfel…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 25 Okt 2020
God beloof uitkoms aan sy volk in ballingskap. Hy is die Almagtige wat alles kan doen. Hy het Hom-self bewys as die Een wat sy beloftes nakom. En Hy wil hê dat hulle Hom aan sy beloftes sal herinner (Jes. 62:6). Hy is hulle Vader wat sorg en voorsien. Hy het hulle geskep en gevorm. En sal hulle altyd beskerm en bystaan. Want Hy is Israel se Redder, net soos wat Jesus Christus ons Redder en ons Hoop op die…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 11 Okt 2020
GOD IS ONS VADER God is drie en tog een. Die Vader is nie belangriker as die Seun nie en die Heilige Gees is nie aan die Seun of die Vader ondergeskik nie. Die drie goddelike persone vorm een goddelike Wese. Artikel 1 van die Nederlandse Geloofs-belydenis stel dit so: Ons glo almal met die hart en bely met die mond dat daar ‘n enige en enkelvoudige geestelike Wese is wat ons God noem … Wanneer ons aan God as…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 4 Okt 2020
GELOOFS-LENTE GEE GROEI Dis heerlike lente; die winter’s verby …! Ons ken dié liedjie al van kindsbeen af. Maar nog nooit het die figuurlike betekenis daarvan so ‘n impak op ons lewens gehad soos in die afgelope winter nie. Dit was ‘n Covid-19 winter. Ons het nog nooit so iets beleef nie. En net soos wat ons vanjaar die langdurige winterkoue moet verduur – al is dit reeds lente – net so sukkel ons om van die Corona-winter ontslae te…