Parow Panorama Kerk Preek Sondag 14 Februarie 2021

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 14 Februarie 2021

HY IS DIÉ LIG (2 Korintiers 4:1-6)

In dié brief aan die Korintiërs word Paulus se toewyding, sy roeping en taak as getuie van Jesus Christus op aangrypende en roerende manier geskets. Dat daar baie tussen Paulus en dié gemeente gebeur het tussen die briewe van 1 en 2 Korin-tiërs, is vir seker. Sy skerp woorde aan ge-meentelede wat hulself as weldoeners beskou het (1 Kor 4-5), was waarskynlik die breekpunt in die verhouding tussen hom en van die gemeentelede. Sy tranebrief (2 Kor 2:4) wat direk ná die slegte gebeure geskryf is, het egter die strydbyl tussen Paulus en die gemeente begrawe. Paulus beklemtoon in ons teksgedeelte dat sy apostelskap nie in sy eie krag of mag gesetel is nie, maar in die bediening wat hy van die Here ontvang het. Tog is daar ‘n sluier wat die Evangelie vir mense bedek. Hulle is deur die god van hierdie wêreld verblind so- dat hulle nie die lig van die Evangelie kon sien nie.
Paulus verkondig Christus as dié Lig vir die ver-blinde ongelowiges. Hy skryf: “God wat gesê het: ‘Laat daar lig skyn uit die duisternis,’ het ook in ons harte ‘n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal.”

Paulus het geweet waarvan hy praat. Iemand skryf: Paul knew what he was talking about when he wrote this. He himself was completely blind to the truth until God broke through the darkness.
Uit Christus straal die lig van God se heerlik-heid. Ons weerkaats hierdie lig wat tot binne-in ons diepste wese skyn. Ons leefstyl moet die nuwe lewe reflekteer wat ons in Jesus Christus ontvang het. Ons is immers mense van die lig (Efes 5:8). En mense van die lig kan die praktyke van die duisternis nie verdra nie. Die resultaat is ‘n eerlike lewe wat die lig van Jesus vanuit jou hart regdeur jou lewe na ander laat skyn. Soms kan jy woorde gebruik wanneer dit regtig nodig is …

Gee Aanlyn

SnapScan is ‘n maklike manier van gee 1. Installeer die SnapScan app 2. Volg die app se instruksies 3. Maak die SnapScan skakel oop en scan die kode met die app. 4. Die link behoort in die SnapScan oop te maak op ‘n telefoon as Snapscan klaar geinstalleer is.