Parow Panorama Kerk Preek Sondag 13 Desember 2020

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 13 Desember 2020

WANNEER GOD JOU NUUT MAAK (Jesaja 61:1-4, 8-11)

Goeie nuus in ons tyd is nogal skaars, en wanneer ons wel goeie nuus ontvang, hou dit dikwels nie te lank nie. Goed-voel stories hou ook net so lank, en voor ons ons kom kry, oorspoel die slegte ons weer. Dalk in die vorm van ‘n siekte, werkloosheid, verlies, inperkings of enige iets anders. In die koerante en oor die nuus lees en sien ons ook net dit wat verkeerd in die wêreld is – want goeie nuus “verkoop” mos nie.
“Die Here het my gestuur om ‘n ‘blye boodskap’ aan mense in nood te bring.” Só begin ons teks vir hierdie week – een wat ‘n ander tipe boodskap bring as waarmee ons toegegooi word. Die “blye boodskap” is eintlik een wat ons met die evangelie kan vertaal, want dit is die presiese woorde wat Jesus aangehaal het toe Hy sy intreepreek gegee het in Lukas 4:14-21. Hiermee sê Hy dat Hyself die groot gesalfde van God is wat deur sy menswording, dood en opstanding, dié beloftes waar kom maak het.
Dit is amper Kersfees, ‘n tyd wanneer ons herinner word dat Christus medelye betoon het met die gebrokenes van hart, die stukkendes, die moedeloses. Maar ons sien ook dat Christus deur God afgesonder, toegerus en gestuur is om die evangelie te kom verkondig – die goeie nuus van God se liefde, genade en hoop, die goeie nuus dat God ons kom herstel en gevangenes kom vrymaak. Dié goeie nuus hou immers nie hier op nie, hierdie goeie nuus kom nie net en gaan dan weer verby nie. Dié goeie nuus word beliggaam deur elke volgeling van God, en kry dan ‘n nuwe vorm – een met ‘n spesiale taak.

Gee Aanlyn

SnapScan is ‘n maklike manier van gee 1. Installeer die SnapScan app 2. Volg die app se instruksies 3. Maak die SnapScan skakel oop en scan die kode met die app. 4. Die link behoort in die SnapScan oop te maak op ‘n telefoon as Snapscan klaar geinstalleer is.