Parow Panorama Kerk Preek Sondag 22 Nov 2020

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 22 Nov 2020

LEEF OM HOM TE LOOF (Psalm 100)

ʺWaarvoor lewe jy?ʺ Anders gesê: ”Wat is die doel van jou bestaan?” Die eerste van die 107 vrae van die verkorte Westminster Kategismus (1648) lui: What is the chief end of man? En die antwoord: Man’s chief end is to glorify God, and to enjoy him for ever. Jy lewe om Hom te loof. En Sy teenwoordigheid in jou lewe te geniet.
Die hoogste doel van ons bestaan is om God te loof en prys. Prof. Dirkie Smit sê: Lofprysing vorm die hart van die Christelike lewe. Die hele Christelike lewe gaan oor lof aan God, die eer van die Here se Naam, die verheerliking van sy Naam, die erkenning van sy heiligheid. Die Christelike lewe is lofprysing. Lofprysing staan absoluut sentraal in die Christelike lewe. Daar is niks belangriker nie. Volgens Psalm 100 bestaan ons lof en aanbidding uit ten minste sewe elemente, naamlik ʺJuig, dien met blydskap! Kom voor Hom met gejubel! Erken dat die Here God is; gaan sy poorte binne met dank en lof, dank Hom, prys sy Naam.ʺ
Hoekom hoort ‘n leefstyl van aanbidding by ons? Die antwoord is: Ons aanbid Hom vir wie Hy is. Hy is Heer, God, Skepper en Eienaar, goed, liefde en getrou. Hierdie woorde is net grepe uit die opsomming van Psalm 100:5: ʺWant die Here is goed, aan sy liefde is daar geen einde nie, sy trou duur van geslag tot geslag.ʺ
Ons loof en aanbid Hom omdat Hy ons gemaak het. Ons is God se mense, nie net omdat Hy ons geskep het nie, maar veral omdat Hy ons gekies en verlos het. Die taal van die Psalm hou skepping en verlossing bymekaar. Ons behoort aan Hom omdat Hy ons geskep het. Ons behoort aan Hom omdat Hy ons gekies het. Ons behoort aan Hom omdat Hy ons verlos het. Dis die Evangelie!
Loof die Here, want Hy is goed, aan Sy liefde is daar einde nie! (Ps.107:1)

Gee Aanlyn

SnapScan is ‘n maklike manier van gee 1. Installeer die SnapScan app 2. Volg die app se instruksies 3. Maak die SnapScan skakel oop en scan die kode met die app. 4. Die link behoort in die SnapScan oop te maak op ‘n telefoon as Snapscan klaar geinstalleer is.