Parow Panorama Kerk Preek Sondag 7 Februarie 2021

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 7 Februarie 2021

PROOF, POWER, PRIORITY (BEWYSE, MAGTE, PRIORITEITE) Markus 1:29-39

Die begin van die Markus-evangelie maak dit duidelik dat die bediening van Jesus taamlik baie aandag getrek het. Die rede hiervoor was dat Jesus heelwat anders met die woord om-gegaan het, en self met mense gewerk het – Hy het met outoriteit oor God gepraat en in die sinagoge het die Jode aan sy lippe gehang en kon hulle oë nie glo toe Jesus die bosemag wat teenwoordig was, verslaan het nie. Hulle het nog nooit so iets teëgekom nie.

Dit lei tot die vraag wie hierdie man is, en waar Hy vandaan kom. Mense – net soos ons – vreeslik nuuskierig, begin vertel van wat hulle gesien en hoor het, en as gevolg daarvan begin mense na Hom stroom en Hom volg. Jesus word dan meer van ‘n “celebrity” wanneer Hy ‘n vrou wat byna dood is, gesond maak en sy dadelik opstaan om vir Jesus te bedien. Menigtes kom dan na Jesus waar Hy “bewys” lewer oor die vraag wie Hy is. Hy doen baie wonderwerke – mense wat siek is maak Hy ge-
sond, blindes kan sien, dooies word lewendig, en die met bose geeste word vrygemaak. Baie mense volg Hom dan ook net om daardie rede. Maar daardeur dien die wonderwerke dan as “bewys” om die vraag te beantwoord wie Jesus regtig is.
Die wonderwerke is die bewys dat Hy nie net nog ‘n mens is nie, dit is die teken dat Hy God is, en dat Hy mag het oor beide die fisiese liggaam, sowel as die geestelike. Dit is as ‘t ware goeie nuus omdat ek nou weet dat Jesus mag het oor my gees – en daarom kan ek rustig wees en aan sy beloftes vashou.
Ons leer ook dat daar iets spesiaals was aan Jesus se verhouding met sy Vader, en dit is dat Hy pertinent geweet het wat sy prioriteit was. Die bediening van Jesus, en die Mag van sy goddelikheid lei dan sy volgelinge om te besef dat daar meer aan hulle roeping is as wat hulle gedink het.

Gee Aanlyn

SnapScan is ‘n maklike manier van gee 1. Installeer die SnapScan app 2. Volg die app se instruksies 3. Maak die SnapScan skakel oop en scan die kode met die app. 4. Die link behoort in die SnapScan oop te maak op ‘n telefoon as Snapscan klaar geinstalleer is.