Parow Panorama Kerk Preek Sondag 24 Januarie 2021

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 24 Januarie 2021

OM TE KAN RUS, WEET, VERTROU (Psalm 62)

Hoekom gebeur slegte goed met goeie mense? Hierdie is ‘n oeroue vraag wat steeds by my en by baie ander mense spook. En ek het al baie antwoorde gekry, sommiges beter as ander. Kyk maar net rondom ons. Kyk wat gebeur met ‘n geteisterde mens wat op God alleen vertrou! Hy/sy staan net soos ander mense in die harde werkliheid van hierdie lewe. Hy/sy kry net soos ons daagliks te doen met die haat van die goddeloses. Hy/sy voel net soos wat ek soms voel, soos ‘n muur wat omgestoot word.
Máár, hy/sy gaan nie lê nie. Hy/sy stort nie in duie nie. Hy/sy gee nie hom-/haarself oor aan selfbejammering nie. Inteendeel, hy/sy vertel aan elkeen wat wil hoor van die rus wat hy/sy net by God vind.
Hierdie Rus is waarby ek wil stilstaan. Watter tipe “rus” is hierdie? En waar kan ek dit kry? Want soos ek verstaan, moet dit ‘n plek wees waar ek veilig voel, verlig voel, asook ‘n plek waar ek “behoort”.
Wat beteken hierdie “rus” vir God se volge-linge? Hierdie rus is verseker nie ‘n passiewe rus nie, maar eerder een wat gepaard gaan met die ingesteldheid en verstaan van ons posisie in Christus. Dit het my laat dink aan twee tipe ingesteldhede van gelowiges: die (1) Sodat, en (2) Omdat Christene.
Wat is die verskil vra jy? Wel, “Sodat” gelowiges dien die Here “sodat” daar ‘n resultaat kan plaasvind. Byvoorbeeld: Ek dien die Here sodat ek veilig kan wees, sodat ek nie hel toe hoef te gaan nie, sodat dit met my goed kan gaan, sodat ek geseënd kan wees, ens.
“Omdat” Christene is gelowiges wat die Here dien “omdat” hulle iets in Hom gevind het: Ek dien die Here omdat Hy my vrygekoop het, Ek dien die Here omdat Hy my vernuwe het, en ek dien die Here omdat ek rus by Hom vind.
Skakel Sondag regstreeks in om verder te luis-ter.

Gee Aanlyn

SnapScan is ‘n maklike manier van gee 1. Installeer die SnapScan app 2. Volg die app se instruksies 3. Maak die SnapScan skakel oop en scan die kode met die app. 4. Die link behoort in die SnapScan oop te maak op ‘n telefoon as Snapscan klaar geinstalleer is.