Parow Panorama Kerk Preek Sondag 21 Februarie 2021

Parow Panorama Kerk Preek Sondag 21 Februarie 2021

Belofte maak skuld (Genesis 9:8-17)

Aswoensdag is verby. Die eerste Lydenssondag is op hande. Dit staan bekend as Invocavit (“Hy roep (My) aan”). Verbondsmense het die vry-heid om hulle Verbondsgod aan te roep. Die sondvloed is verby. Noag en sy familie maak gereed om die ark te verlaat. God seën vir Noag en sy seuns en sluit ‘n verbond met hulle. Sy verbond met hulle is ‘n belofte dat die katastrofe van die sondvloed vir altyd verby is. Hierdie belofte word gekenmerk deur ‘n uit-sonderlike teken, naamlik ‘n reënboog. En die reënboog dien op sy beurt weer as ‘n herinne-ring aan God dat Hy ‘n verbond met alle lewen-de wesens op aarde gesluit het (Gen. 9:16). Vir Noag en sy familie is die teken van die reën-boog die versekering dat God getrou sal bly aan sy verbondsbeloftes.
Wat beteken dit alles vir ons? God se belofte en sy verbond wil ons daaraan herinner dat die gevolge van die katastrofiese sondeval iets van
die verlede is. Soveel méér nog as ons in Lydenstyd daaraan dink dat die beloftes van die verbond in die lewe en kruisdood van Christus waar gemaak is. Juis omdat Christus geleef en vir ons gesterf het, is die katastrofe agter ons. Petrus verwys na die sondvloed as ‘n teken van die doop. Volgens hom is die doop “… ‘n bede tot God om ‘n skoon gewete, en dit red julle (ons) op grond van die opstan-ding van Jesus Christus” (1 Petrus 3:21). Net so wil die reënboog ons vandag opnuut weer aan God se verbondsbeloftes herinner. Die verbond maak ons keer op keer bewus van die liefdesverhouding waarin Hy met ons wil staan. Hy inisieer hierdie verhouding. En dan onthou ons dat God aanhou voorsien en ver-sorg. Wat ‘n wonderlike versekering is dit nie, juis in onseker tye soos dié waarin ons ons tans bevind?

Gee Aanlyn

SnapScan is ‘n maklike manier van gee 1. Installeer die SnapScan app 2. Volg die app se instruksies 3. Maak die SnapScan skakel oop en scan die kode met die app. 4. Die link behoort in die SnapScan oop te maak op ‘n telefoon as Snapscan klaar geinstalleer is.