Artikels van Maart 2021
Omgeegroep riglyne: 29 Maart – 2 April. Leeg …
Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 29 Maart – 4 April 2021 Onderwerp: Leeg… (Handelinge 10:34-43) Voor die groep begin, kry ‘n bak met water reg. Die idee van die water is sodat die groeplede ‘n doop herinnerings moment kan hou. ‘n Aangesteekte kers kan ook langs die doopbak brand. (Onthou dat hierdie riglyne is, en dat elke groep leier die bespreking hiervan kan aanpas. Die materiaal help slegs om gesprek te bevorder). Neem ‘n tydjie om te dink aan…
Omgeegroep riglyne: 23-28 Maart. Jesus se voorbeeld naboots of navolg
Riglyne vir omgeegroepe, stiltetyd en huisgodsdiens. 22-26 Maart 2021. Tema: Jesus se voorbeeld naboots of navolg? Skrifgedeelte: Filippense 2:5-11. Mens tot Mens Daar is twee moontlike reaksies op Jesus se kruisdood, soos verteenwoordig deur die twee misdadigers aan weerskante van die kruis. Een het met Jesus se magteloosheid gespot, ’n Messias wat Homself nie eers kan red nie. Die ander een het Jesus se andersoortige mag erken en die risiko van geloof geneem. Hoe reageer jy/julle teenoor mense wat met…
Omgeegroep riglyne: 15-21 Maart. Getsemane & Golgota
Riglyne vir omgeegroepe, stiltetyd en huisgodsdiens. 15-21 Maart 2021. Tema: Getsemane en Golgota. Skrifgedeelte: Hebreërs 5:7-10. Mens tot Mens Een van die Kerkvaders het gesê ons is “klein Christusse” vir mekaar. Ons praat hierdie week oor Christus as Hoëpriester. In watter opsig kan ons klein Christusse vir mekaar wees? Watter lesse leer Lydenstyd ons tov ons verhouding met mekaar en met ander mense? Kan ander mense agterkom dat jy in Lydenstyd is. En dat jy jou vir Paasfees voorberei? Mens…
Omgeegroep riglyne: 8-14 Maart. Van Graf tot Glorie
Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 8-14 Maart 2021 Onderwerp: Van Graf tot Glorie (Efesiërs 2:1-10) Voor die groep begin, kry ‘n kers reg wat alreeds aangesteek is. Laat die kers alreeds brand wanneer groeplede inkom. God tot mens: In lydenstyd dink ons na oor die verdieping in ons verhouding met God. Dit word gekenmerk as ‘n tyd van onttrekking, en daarom gaan dit gewoonlik gepaard met ‘n tyd van vas en gebed – nie omdat die vas enigsins…
Omgeegroep riglyne: 1-7 Maart. Aanstoot+Onsin=die krag van God
Riglyne vir omgeegroepe, stiltetyd en huisgodsdiens. 1-5 Maart 2021. Tema: Aanstoot + onsin = die krag van God. Skrifgedeelte: 1 Kor. 1:18-25. Mens tot Mens Aanstootlik en onsinnig is onvriendelike woorde. Hoe gereeld gebruik jy dit in jou verhouding met ander mense? Wonder jy soms of jou optrede teenoor mense die aanleiding is vir hulle om dié woorde ten opsigte van jou optrede te gebruik? Sou jy Christus as jou rolmodel kon gebruik, al is sy optrede die verpersoonliking van…