Artikels van 2020
Kleingroepriglyne vir 30 Nov-4 Des 2020 Die Evangelie van die Ou Testament
Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 30 Nov. – 4 Des. 2020 Onderwerp: Die Evangelie van die Ou Testament. Mens tot Mens Watter verskil maak die Evangelie aan ons verhouding met ander mense? …dit is die Evangelie wat van elke gelowige ‘n draer van die troosboodskap maak. -Uit die Kontak. Mens tot God Lees asb. die teksverse hieronder. “ Troos, troos my volk sê julle God.” Spreek na die hart van Jerusalem…Jesaja 40:1,2 (1953) “Comfort, oh comfort my people,” says…
Kleingroepriglyne vir 23-29 November 2020 Klei in God se Hand
Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 23-29 November 2020 Onderwerp: Klei in God se Hand (Jesaja 64:1-8) Voor die groep begin – probeer om vier kerse reg te kry vir die kleingroep byeenkoms. Wanneer die groep begin, vra iemand in die groep om een van die kerse aan te steek (die ander drie kerse moet nie aangesteek word nie – dit dien as simbool vir die volgende vier weke se Advent tyd). Terwyl die kers aangesteek word, sê vir mekaar:…
Kleingroepriglyne vir 16-20 November 2020 Lewe om Hom te loof
Mens tot Mens Wat is die werklike bestaansdoel van ‘n mens op aarde? Maw, wat is die doel van ons bestaan as mense? Waarvoor bestaan jy? Jy lewe om Hom te loof. En om Sy teenwoordigheid in jou lewe te geniet. -Uit die Kontak. Mens tot God Lees Psalm 100:1,2 en 4. Lees asb die opmerkings hieronder hardop voor. Die oproep tot blydskap is universeel – almal op aarde! Die mense moet letterlik ‘n vreugdevolle geraas maak. (v1) Ons dien…
Kleingroepriglyne vir 9-15 November 2020 Oorwinning is in God se hand
Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 9-15 November 2020 Onderwerp: Oorwinning is in God se hand (Rigters 4:1-8) Wanneer die groep begin, maak seker dat iemand die kers aansteek. Sê vir mekaar dat die kers dui op God se teenwoordigheid by julle, en dat die lig wat die kers bring, ‘n teken is dat God ook lig in ons donker wêreld en omstandighede inbring. Laat iemand in die Groep open met ‘n gebed van danksegging. Bespreek dan die volgende: Mens…
Kleingroepriglyne vir 2-6 November 2020 Die grootste keuse ooit.
Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 2-6 November 2020 Onderwerp: Die grootste keuse ooit. (Josua 24:14-25) Mens tot Mens Dink vir ‘n oomblik na oor die funksie van padtekens in ons lewens nav die opmerking hieronder. Padtekens is baie belangrik. Dit help ons om te weet of ons moet stop of ry, mag verbygaan of nie en hoe ver die volgende bestemming is. Die verhaal van Israel is vol sulke padtekens: Abraham, Isak, Jakob, Josef, Egipte, die uittog, die woestyntyd…
Kleingroepriglyne vir 25 Okt 2020 God, die Gees, bring nuwe lewe
Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 19-23 Oktober 2020 Reeks: God se lente bring hoop en lewe (Jes. 43:1-21) Onderwerp #4: God, die Gees, bring nuwe lewe (Jes. 43:18-21) Mens tot Mens Lees asb. die antwoord van die Heidelbergse Kategismus (HK) op die vraag aangaande die Heilige Gees hardop voor. Ten eerste is Hy saam met die Vader en die Seun ware en ewige God. Ten tweede is Hy ook aan my gegee sodat Hy my deur ‘n ware geloof…
Kleingroepriglyne vir 18 Okt 2020 God, die Seun, is ons Hoop
Kleingroep en Huisgodsdiens riglyne Sondag 18 Oktober Reeks: God se lente bring hoop en lewe (Jes. 43:1-21) Tema #3 God, die Seun, is ons Hoop (Jes. 43:10-13). Mens tot Mens Jesus is tegelykertyd God en mens. Hy beskik oor een persoon en twee nature. Dink julle hierdie vreemde Bybelse waarheid is oor die algemeen vir mense aanvaarbaar? Hoe dink mense oor die algemeen oor die stelling hieronder? Jesus sê in Joh. 4 dat God gees is. Hy is ‘n enkelvoudige…
Kleingroepriglyne vir 11 Okt 2020 God, ons Vader, versorg en voorsien
Kleingroep en Huisgodsdiens riglyne Sondag 11 Oktober Reeks: God se lente bring hoop en lewe (Jes. 43:1-21) Tema #2 God, ons Vader, versorg en voorsien Mens tot Mens Ons kan God nie verstaan nie en nog minder verklaar. Hoe dink mense oor die algemeen oor God? Dink julle die verklaring (verduideliking) hieronder is vir mense aanvaarbaar? God is drie en tog een. Die Vader is nie belangriker as die Seun nie en die Heilige Gees is nie aan die Seun…
Kleingroepriglyne vir 4 Okt 2020 God kan iets nuuts doen
Kleingroep en Huisgodsdiens riglyne Sondag 4 Oktober Reeks: God se lente bring hoop en lewe (Jes. 43:1-21) Tema #1 God kan iets nuuts doen Mens tot Mens Ons verkeer letterlik en figuurlik in verskeie seisoene van die lewe. Hou dit in gedagte wanneer jy met mense in aanraking kom. Lewer gerus kommentaar op die stelling hieronder. Ons beleef meermale die spreekwoordelike wisseling van seisoene in ons geestelike lewens . Soms is dit winter. Dan is God ver en vreemd. Ons…
Kleingroepriglyne vir 27 Sep 2020 Medemenslikheid
Kleingroep en Huisgodsdiens riglyne Sondag 27 September Hou jou rigting: Nuwe gewoontes in onseker tye Tema #4 Medemenslikheid Mens tot Mens Die uitdrukking: “Voeg die daad by die woord” is aan ons bekend. Wat sê dit vir ons tov die praktyk van medemenslikheid? Lewer gerus kommentaar op die stelling hieronder. Words are important, but sometimes they aren’t enough. Lead with your humanity—your presence, compassion, and empathy. Mens tot God Skep ‘n gewyde atmosfeer (stilte, mooi lied, gebed ens.). Vra iemand…
Kleingroepriglyne vir 20 Sep 2020 Duidelikheid
Kleingroep en Huisgodsdiens riglyne Sondag 20 September Hou jou rigting: Nuwe gewoontes in onseker tye Tema #3 – Duidelikheid; waarheen is jy oppad? Mens tot Mens Gesels met mekaar oor mense teenoor wie jy verantwoordelik voel gedurende hierdie tyd van onsekerheid. Hoekom? Wie kyk op na jou vir sekerheid en leiding gedurende hierdie tyd? (Emosioneel,) Waar sou jy jouself op die volgende skaal plaas gedurende hierdie tyd? Die hemel kom op my neer *————————————————* Onbeperkte Optimisme Steek ‘n kers aan…