Blog

Omgeegroep riglyne: 21-27 Junie Jesus het mag oor siekte & dood

Riglyne vir omgeegroepe, stiltetyd en huisgodsdiens. 21 – 27 Junie 2021. Tema: Jesus het mag oor siekte en dood. Skrifgedeelte: Markus 5:21-43 Sosialiseer ‘n Bietjie saamkuier voor die tyd is goud werd vir die skep van ‘n lekker warm atmosfeer. Of saam eet voor of na die tyd. Simpatiseer Gee geleentheid vir dié wat wil om oor hulle eie lekker en seer te praat. Deel die lekker en seer van mense na aan julle met mekaar. Laat iemand vir hulle…

Omgeegroep riglyne: 14-20 Junie

Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 14-20 Junie 2021 Teks: 1 Samuel 17:32-50 INSTELLINGSGELEENTHEID Gee vir elke groeplid ‘n stukkie papier en ‘n potlood. Gee geleentheid vir stilgebed nadat almal gegroet is en lekker opgevang is met hoe dit met elkeen gaan. Moedig groeplede aan om in hierdie oomblik van stilte dié dinge waarvoor hulle bang is te teken of neer te skryf. (Hierdie kan ook as ‘n kindergeleentheid gebruik word om kinders te betrek.) Nooi elke groeplid uit om…

Omgeegroep riglyne: 8-13 Junie. Sien = Luister + Praat (besluit)

Riglyne vir omgeegroepe, stiltetyd en huisgodsdiens 8-13 Junie 2021 Tema: Sien = luister + praat (besluit) Skrifgedeelte: 1 Samuel 16:1-13 Rus by God Skep ‘n ruimte vir stil-wees voor die Here. Vertel gerus waar en hoe jy die teenwoordigheid van die Here die afgelope week ervaar het. Is daar dalk ‘n teksvers of meer wat jy met die groep wil deel? Gee vir almal (wat wil) kans om ‘n kort gebed te doen. Bid asb. spesifiek vir die Bybelstudie wat…

Omgeegroep riglyne: 31 Mei-4 Junie. ‘n Drama in Drie Bedrywe

Riglyne vir omgeegroepe, stiltetyd en huisgodsdiens. 31Mei – 4 Junie 2021. Tema: ‘n Drama in drie bedrywe Skrifgedeelte: 1 Samuel 8:1-10,18-22, 11:14-15 Rus by God Skep ‘n ruimte vir stil-wees voor die Here. Deel in mekaar se wel en wee. Bid vir mekaar en vir ander van wie julle weet wat in beproewing is. Die verhaal (Lees gerus hier) Die verhaal beskryf ‘n oorgangsfase in die geskiedenis van Israel. Die bedeling van charismatiese (geesvervulde), tydelike leiers (“rigters” of “redders”) verander…

Omgeegroep riglyne: 24-30 Mei. Drie-Eenheid Sondag

Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 24-30 Mei 2021 Drie-eenheidsondag Oordenking Eerskomende Sondag staan bekend as die Drie-eenheidsondag. Dit is ‘n dag waarop alle gelowiges van regoor die wêreld weer attent gemaak word op die natuur van die God wat ons aanbid. Ons aanbid een God wie Vader, Seun, sowel as Gees is. Praat met mekaar oor hoe (en of) julle die Drie-enige God verstaan. Ons kan probeer om die Drie-enige God te verduidelik, maar ons sal dit nooit regtig…

Omgeegroep riglyne: 29 Maart – 2 April. Leeg …

Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 29 Maart – 4 April 2021 Onderwerp: Leeg… (Handelinge 10:34-43) Voor die groep begin, kry ‘n bak met water reg. Die idee van die water is sodat die groeplede ‘n doop herinnerings moment kan hou. ‘n Aangesteekte kers kan ook langs die doopbak brand. (Onthou dat hierdie riglyne is, en dat elke groep leier die bespreking hiervan kan aanpas. Die materiaal help slegs om gesprek te bevorder). Neem ‘n tydjie om te dink aan…

Omgeegroep riglyne: 23-28 Maart. Jesus se voorbeeld naboots of navolg

Riglyne vir omgeegroepe, stiltetyd en huisgodsdiens. 22-26 Maart 2021. Tema: Jesus se voorbeeld naboots of navolg? Skrifgedeelte: Filippense 2:5-11. Mens tot Mens Daar is twee moontlike reaksies op Jesus se kruisdood, soos verteenwoordig deur die twee misdadigers aan weerskante van die kruis. Een het met Jesus se magteloosheid gespot, ’n Messias wat Homself nie eers kan red nie. Die ander een het Jesus se andersoortige mag erken en die risiko van geloof geneem. Hoe reageer jy/julle teenoor mense wat met…

Omgeegroep riglyne: 15-21 Maart. Getsemane & Golgota

Riglyne vir omgeegroepe, stiltetyd en huisgodsdiens. 15-21 Maart 2021. Tema: Getsemane en Golgota. Skrifgedeelte: Hebreërs 5:7-10. Mens tot Mens Een van die Kerkvaders het gesê ons is “klein Christusse” vir mekaar. Ons praat hierdie week oor Christus as Hoëpriester. In watter opsig kan ons klein Christusse vir mekaar wees? Watter lesse leer Lydenstyd ons tov ons verhouding met mekaar en met ander mense? Kan ander mense agterkom dat jy in Lydenstyd is. En dat jy jou vir Paasfees voorberei? Mens…

Omgeegroep riglyne: 8-14 Maart. Van Graf tot Glorie

Riglyne vir omgeegroepe en huisgodsdiens Week: 8-14 Maart 2021 Onderwerp: Van Graf tot Glorie (Efesiërs 2:1-10) Voor die groep begin, kry ‘n kers reg wat alreeds aangesteek is. Laat die kers alreeds brand wanneer groeplede inkom.   God tot mens: In lydenstyd dink ons na oor die verdieping in ons verhouding met God. Dit word gekenmerk as ‘n tyd van onttrekking, en daarom gaan dit gewoonlik gepaard met ‘n tyd van vas en gebed – nie omdat die vas enigsins…

Omgeegroep riglyne: 1-7 Maart. Aanstoot+Onsin=die krag van God

Riglyne vir omgeegroepe, stiltetyd en huisgodsdiens. 1-5 Maart 2021. Tema: Aanstoot + onsin = die krag van God. Skrifgedeelte: 1 Kor. 1:18-25. Mens tot Mens Aanstootlik en onsinnig is onvriendelike woorde. Hoe gereeld gebruik jy dit in jou verhouding met ander mense? Wonder jy soms of jou optrede teenoor mense die aanleiding is vir hulle om dié woorde ten opsigte van jou optrede te gebruik? Sou jy Christus as jou rolmodel  kon gebruik, al is sy optrede die verpersoonliking van…

Omgeegroep riglyne: 22-28Feb. Wanneer God jou naam verander

Voor die groep begin, kry ‘n kers reg wat alreeds aangesteek is. Laat die kers alreeds brand wanneer groeplede inkom.   God tot mens: Begin met ‘n tyd van refleksie oor wat die betekenis van lydenstyd is. Al die ander groot Christin-feeste wat ons waarneem, gaan altyd oor God wat uitreik na ons, maar lydenstyd, en As-Woensdag veral, is ‘n tyd waar ons ‘n reaksie op God se uitnodiging toon. Dit is ‘n tyd wat gekenmerk is deur twee gebeurtenisse:…