Preke van Februarie 2021
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 28 Februarie 2021
Wanneer God jou naam verander (Gen 17:1-7; 15-21) In ons kultuur is die betekenis van ons name nie so erg belangrik soos wat dit in sommige ander kulture is nie, veral in die kultuur in die Bybel. Hier is jou naam ‘n verlenging van wie jy is, wie jy in wese is, of dit wat jy behoort te wees.Sondag se teks raak drie belangrike elemente aan: (1) God, die Almagtige, (2) die Belofte, en (3) die Verandering van name.Hoekom verander…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 21 Februarie 2021
Belofte maak skuld (Genesis 9:8-17) Aswoensdag is verby. Die eerste Lydenssondag is op hande. Dit staan bekend as Invocavit (“Hy roep (My) aan”). Verbondsmense het die vry-heid om hulle Verbondsgod aan te roep. Die sondvloed is verby. Noag en sy familie maak gereed om die ark te verlaat. God seën vir Noag en sy seuns en sluit ‘n verbond met hulle. Sy verbond met hulle is ‘n belofte dat die katastrofe van die sondvloed vir altyd verby is. Hierdie belofte…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 14 Februarie 2021
HY IS DIÉ LIG (2 Korintiers 4:1-6) In dié brief aan die Korintiërs word Paulus se toewyding, sy roeping en taak as getuie van Jesus Christus op aangrypende en roerende manier geskets. Dat daar baie tussen Paulus en dié gemeente gebeur het tussen die briewe van 1 en 2 Korin-tiërs, is vir seker. Sy skerp woorde aan ge-meentelede wat hulself as weldoeners beskou het (1 Kor 4-5), was waarskynlik die breekpunt in die verhouding tussen hom en van die gemeentelede.…
Parow Panorama Kerk Preek Sondag 7 Februarie 2021
PROOF, POWER, PRIORITY (BEWYSE, MAGTE, PRIORITEITE) Markus 1:29-39 Die begin van die Markus-evangelie maak dit duidelik dat die bediening van Jesus taamlik baie aandag getrek het. Die rede hiervoor was dat Jesus heelwat anders met die woord om-gegaan het, en self met mense gewerk het – Hy het met outoriteit oor God gepraat en in die sinagoge het die Jode aan sy lippe gehang en kon hulle oë nie glo toe Jesus die bosemag wat teenwoordig was, verslaan het nie.…